-
Hoe om ’n positiewe beskouing te behouDie Wagtoring — 2014 | Maart 15
-
-
8, 9. (a) Wat was die behoeftige weduwee se omstandighede? (b) Watter negatiewe gevoelens het die weduwee moontlik gehad?
8 By die tempel in Jerusalem het Jesus ’n behoeftige weduwee gesien. Haar voorbeeld kan ons help om ondanks ons beperkings ’n positiewe beskouing te behou. (Lees Lukas 21:1-4.) Dink aan die weduwee se omstandighede. Sy moes die hartseer verduur om haar man aan die dood af te staan. Daarbenewens het die godsdiensleiers “die huise van die weduwees verslind” eerder as om hierdie kwesbare persone te help (Luk. 20:47). Sy was so arm dat haar bydrae aan die tempel maar net gelykstaande was aan die loon wat ’n arbeider in ’n paar minute kon verdien.
9 Stel jou voor hoe die weduwee gevoel het toe sy met haar twee klein muntstukke by die voorhof van die tempel ingestap het. Het sy gedink aan hoe klein haar bydrae was in vergelyking met wat sy moontlik kon gegee het toe haar man nog gelewe het? Het sy verleë gevoel toe sy die groot bydraes gesien het wat die ander gemaak het en dalk gewonder of haar bydrae werklik die moeite werd is? Al is dit miskien hoe sy gevoel het, het sy haar bes gedoen om ware aanbidding te bevorder.
-
-
Hoe om ’n positiewe beskouing te behouDie Wagtoring — 2014 | Maart 15
-
-
11. Wat kan jy uit die verslag van die weduwee leer?
11 Jou omstandighede kan ’n direkte uitwerking hê op wat jy Jehovah kan gee. Weens ouderdom of swak gesondheid is die tyd wat party aan die verkondiging van die goeie nuus kan bestee, baie beperk. Moet hulle voel dat dit nie die moeite werd is om die tyd wat hulle aan die bediening bestee het, te rapporteer nie? Al is jy nie baie beperk nie, meen jy dalk dat jou pogings net ’n klein deel uitmaak van al die ure wat God se volk elke jaar aan sy aanbidding bestee. Ons leer nogtans uit die verslag van die arm weduwee dat Jehovah elke daad wat vir hom verrig word, raaksien en hoog op prys stel, veral wanneer dit onder moeilike omstandighede verrig word. Dink terug aan wat jy oor die afgelope jaar in die aanbidding van Jehovah gedoen het. Het een van die ure wat jy aan hom gewy het, ’n spesiale opoffering van jou geverg? Indien wel, kan jy seker wees dat hy waardeer wat jy gedurende daardie uur vir hom gedoen het. As jy, soos die behoeftige weduwee, jou bes doen in Jehovah se diens, het jy goeie rede om te glo dat jy “in die geloof” is.
-