Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | November
    • ’n Weldoener in Bybelse tye

      Die aand voor sy dood het Jesus sy apostels gewaarsku om nie te probeer om ’n belangrike posisie onder hulle medegelowiges te kry nie. Hy het vir hulle gesê: “Die konings van die nasies speel oor hulle baas, en dié wat oor hulle gesag voer, word Weldoeners genoem. Julle moet egter nie so wees nie.” — Luk. 22:25, 26.

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | November
    • Wat het Jesus dan bedoel toe hy vir sy dissipels gesê het: “Julle moet egter nie so wees nie”? Het Jesus vir hulle gesê dat hulle nie vrygewig moet wees nie, met ander woorde dat hulle nie vir die mense in hulle gemeenskap moet omgee nie? Glad nie. Wat vir Jesus belangrik was, was die motief vir hierdie vrygewigheid.

      In Jesus se dag het ryk mense probeer om ’n goeie naam vir hulleself te maak deur vertonings en wedstryde in die arena te borg, parke aan te lê, tempels te bou en soortgelyke aktiwiteite te ondersteun. Maar hulle het dit gedoen om geprys te word, om gewild te wees of om mense sover te kry om vir hulle te stem. Een naslaanwerk sê: “Al was party van hierdie skenkers opreg vrygewig, het baie van hulle dit gedoen omdat hulle vooruitgang in die politiek wou maak.” Dit is teen hierdie soort ambisie en selfsug wat Jesus sy volgelinge gewaarsku het.

      ’n Paar jaar later het die apostel Paulus weer beklemtoon hoe belangrik dit is dat ’n mens die regte motief moet hê wanneer jy vir ander gee. Hy het vir sy medegelowiges in Korinte geskryf: “Laat elkeen doen net soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie teësinnig of onder dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.” — 2 Kor. 9:7.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel