-
Jesus bid terwyl hy verskriklik hartseer isJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Jesus is baie bekommerd oor die oneer wat sy dood as ’n misdadiger op sy Vader se naam sal bring. Maar Jehovah hoor sy Seun se gebed, en op die een of ander stadium stuur God ’n engel om hom te versterk. Maar Jesus hou nie op om sy Vader te smeek nie en hy ‘hou aan om nog ernstiger te bid’. Die emosionele stres is oorweldigend. Hy het ’n baie groot verantwoordelikheid wat op sy skouers rus! Sy eie ewige lewe en die ewige lewe van mense wat geloof in God stel, is op die spel. Om die waarheid te sê, ‘sy sweet word soos bloeddruppels wat op die grond val’. – Lukas 22:44.
-