-
Stres—Jy kan iets doen!Ontwaak! – 1998 | Maart 22
-
-
Moenie tot die slotsom kom dat God jou afkeur nie. Die Bybel sê vir ons dat Hanna, ’n getroue vrou, jare lank “bitter bedroef” (“diep gekwel”, Revised Standard Version) was (1 Samuel 1:4-11). In Masedonië was Paulus “in elke opsig benoud” (2 Korintiërs 7:5, Byington). Voor Jesus se dood het hy “in sielsangs geraak”, en sy stres was so erg dat “sy sweet . . . soos bloeddruppels geword [het] wat op die grond val” (Lukas 22:44).a Hulle was getroue knegte van God. Wanneer jy voor stres te staan kom, het jy dus geen rede om tot die slotsom te kom dat God jou verlaat het nie.
-
-
Stres—Jy kan iets doen!Ontwaak! – 1998 | Maart 22
-
-
a Bloedsweet het na wat berig word in sekere gevalle van uiterste verstandelike stres voorgekom. Tydens hematidrose is daar byvoorbeeld ’n afskeiding van sweet met ’n bietjie bloed of bloedpigment of van liggaamsvog gemeng met bloed. Daar kan egter nie met sekerheid gesê word presies wat in Jesus se geval gebeur het nie.
-