-
Die New World Translation—vakkundig en eerlikDie Wagtoring – 1991 | Maart 1
-
-
Volgens die New World Translation het Jesus in Lukas 4:18 ’n profesie in Jesaja op homself toegepas wat lui: “Jehovah se gees is op my” (Jesaja 61:1). Baie maak beswaar teen die gebruik van die naam Jehovah hier. Dit is egter net een van die meer as 200 plekke waar dié naam in die New World Translation van die Christelike Griekse Geskrifte, die sogenaamde Nuwe Testament, verskyn. Nie een van die oorblywende vroeë Griekse manuskripte van die “Nuwe Testament” bevat weliswaar die persoonlike naam van God nie. Maar die naam is om gegronde redes in die New World Translation ingesluit, en nie bloot vanweë ’n gier nie. En ander het ’n soortgelyke weg gevolg. Net in Duits is daar minstens 11 vertalings wat “Jehovah” (of die transliterasie van die Hebreeus, “Jahweh”) in die teks van die “Nuwe Testament” gebruik, terwyl vier vertalers die naam tussen hakies ná “Here” plaas.c Meer as 70 Duitse vertalings gebruik dit in voetnote of kommentare.
-
-
Die New World Translation—vakkundig en eerlikDie Wagtoring – 1991 | Maart 1
-
-
c Johann Babor, Karl F. Bahrdt, Petrus Dausch, Wilhelm M. L. De Wette, Georg F. Griesinger, Heinrich A. W. Meyer, Friedrich Muenter, Sebastian Mutschelle, Johann C. F. Schulz, Johann J. Stolz en Dominikus von Brentano. August Dächsel, Friedrich Hauck, Johann P. Lange en Ludwig Reinhardt plaas die naam tussen hakies.
-