Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die voordele van ’n liefde vir God se Woord
    Die Wagtoring – 1999 | November 1
    • 7. Watter illustrasie het Jesus vir die skares vertel wat na hom kom luister het?

      7 Jesus het in een van sy gelykenisse beklemtoon hoe belangrik dit is om die regte beskouing van God se Woord te hê. Terwyl Jesus die goeie nuus dwarsdeur Palestina verkondig het, het skares versamel om na hom te luister (Lukas 8:1, 4). Maar nie almal was werklik lief vir God se Woord nie. Baie het ongetwyfeld na hom kom luister omdat hulle wonderwerke wou sien of omdat hulle van sy uitstekende onderrigmetode gehou het. Daarom het Jesus vir die skares ’n illustrasie vertel: “’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai. Wel, terwyl hy gesaai het, het ’n deel daarvan langs die pad geval en is dit vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. ’n Ander deel het op die rots geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit verdroog omdat dit nie vogtigheid gehad het nie. ’n Ander deel het tussen die dorings geval, en die dorings wat daarmee saam gegroei het, het dit verstik. ’n Ander deel het op die goeie grond geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit honderdvoudig vrug voortgebring.”—Lukas 8:5-8.

  • Die voordele van ’n liefde vir God se Woord
    Die Wagtoring – 1999 | November 1
    • 9. Wat stel die saad voor wat (a) langs die pad val? (b) op die rots val? (c) tussen die dorings val?

      9 Jesus het gesê dat van die saad langs die pad val en vertrap word. Dit verwys na mense wat te besig is om toe te laat dat die Koninkryksaad in hulle hart wortelskiet. Voordat hulle ’n liefde vir God se Woord kan aankweek, “kom die Duiwel en neem die woord uit hulle hart weg sodat hulle nie sal glo en gered word nie” (Lukas 8:12). Van die saad val op ’n rots. Dit verwys na mense wat van die Bybel se boodskap hou, maar nie toelaat dat dit hulle hart raak nie. Wanneer teenstand kom of wanneer hulle dit moeilik vind om Bybelraad toe te pas, “val hulle weg” omdat hulle geen wortel het nie (Lukas 8:13). Dan is daar diegene wat die woord hoor, maar oorweldig word deur die “sorge en rykdom en genietinge van hierdie lewe”. Uiteindelik “word hulle heeltemal verstik”, soos plante wat deur dorings verstik word.—Lukas 8:14.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel