-
Wanneer Jesus in Koninkryksheerlikheid komDie Wagtoring – 1997 | Mei 15
-
-
4 Presies wat het die drie apostels gesien? Hier volg Lukas se beskrywing van die gebeurtenis: “Terwyl [Jesus] gebid het, het die voorkoms van sy gesig anders geword, en sy klere het skitterend wit geword. En kyk! twee manne was in gesprek met hom; dit was Moses en Elia. Hulle het met heerlikheid verskyn en begin praat oor sy vertrek wat hy bestem was om in Jerusalem te vervul.” Toe “het ’n wolk gevorm en [die apostels] begin oorskadu. Toe hulle in die wolk ingaan, het hulle bevrees geword. En ’n stem het uit die wolk gekom en gesê: ‘Dit is my Seun, die een wat uitgekies is. Luister na hom.’”—Lukas 9:29-31, 34, 35.
-
-
Wanneer Jesus in Koninkryksheerlikheid komDie Wagtoring – 1997 | Mei 15
-
-
5. Watter uitwerking het die gedaanteverandering op die apostel Petrus gehad?
5 Die apostel Petrus het Jesus reeds as “die Christus, die Seun van die lewende God” geïdentifiseer (Matteus 16:16). Jehovah se woorde vanuit die hemel het daardie identifikasie bevestig, en die visioen van Jesus se gedaanteverandering was ’n voorsmaak van Christus se koms in Koninkryksmag en -heerlikheid om uiteindelik die mensdom te oordeel. Meer as 30 jaar ná die gedaanteverandering het Petrus geskryf: “Dit was nie deur kunstig versinde valse stories te volg dat ons die krag en teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus aan julle bekend gemaak het nie, maar deurdat ons ooggetuies van sy luisterrykheid geword het. Want hy het eer en heerlikheid van God die Vader ontvang toe woorde soos hierdie deur die luisterryke heerlikheid tot hom gekom het: ‘Dit is my seun, my geliefde, wat ek self goedgekeur het.’ Ja, hierdie woorde het ons uit die hemel hoor kom terwyl ons saam met hom op die heilige berg was.”—2 Petrus 1:16-18; 1 Petrus 4:17.
-