Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesus se geboorte – Waar en wanneer?
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Die Romeinse keiser Augustus het beveel dat almal geregistreer moet word. Daarom moet Josef en Maria na die plek toe gaan waar hy gebore is, die stad Betlehem, suid van Jerusalem.

      Baie mense het na Betlehem gekom om geregistreer te word. Die enigste blyplek wat Josef en Maria kan kry, is ’n stal, waar donkies en ander diere gehou word. Jesus word hier gebore. Maria draai hom in lappe toe en lê hom neer in ’n krip, ’n bak waarin kos vir diere gesit word.

      God het sekerlik gesorg dat keiser Augustus hierdie registrasiewet maak. Hoekom? Want as gevolg daarvan kon Jesus in Betlehem gebore word, die tuisdorp van sy voorvader koning Dawid. Die Skrif het lank voor die tyd voorspel dat hierdie stad die geboorteplek van die beloofde Koning sou wees. – Miga 5:2.

  • Jesus se geboorte – Waar en wanneer?
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Vandag glo baie mense dat Jesus op 25 Desember gebore is. Maar in Desember is dit reënerig en koud in Betlehem. Partykeer sneeu dit selfs. Herders sou beslis nie daardie tyd van die jaar in die nag met hulle skape buite in die veld gewees het nie. En die Romeinse keiser sou ook nie vereis het dat ’n volk wat al klaar teen hom in opstand wou kom, dae lank in die middel van die winter moes reis om geregistreer te word nie. Jesus is blykbaar die een of ander tyd in Oktober gebore.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel