Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Goeie Samaritaan
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Jesus sê vir die man: “Jy het reg geantwoord. Hou aan om dit te doen, en jy sal die lewe ontvang.” Maar beëindig dit die gesprek? Die man wil nie ’n kort en bondige antwoord hê nie; hy wil “bewys dat hy regverdig is”. Hy wil hê dat Jesus moet bevestig dat sy beskouings en die manier waarop hy ander behandel, reg is. Daarom vra hy: “Wie is my naaste?” (Lukas 10:28, 29). Dit klink dalk na ’n eenvoudige vraag, maar dit het ernstige gevolge. Hoe so?

      Die Jode glo dat die woord “naaste” net van toepassing is op dié wat die Joodse tradisies hou, en dit lyk dalk asof Levitikus 19:18 dit ondersteun. Om die waarheid te sê, ’n Jood kan selfs beweer dat “dit teen die wet is” om met ’n nie-Jood te assosieer (Handelinge 10:28). Daarom beskou hierdie man en moontlik party van Jesus se eie dissipels hulleself as regverdig as hulle mede-Jode goed behandel. Maar hulle behandel dalk ’n nie-Jood onvriendelik; hy is nie werklik ’n “naaste” nie.

  • ’n Goeie Samaritaan
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Wat ’n doeltreffende manier van onderrig! As Jesus eenvoudig vir die man gesê het dat nie-Jode ook sy naaste is, sou die man en die ander Jode wat geluister het, dit aanvaar het? Waarskynlik nie. Maar deur ’n eenvoudige verhaal te vertel en besonderhede te gebruik waarmee sy luisteraars bekend is, word die vraag “Wie is my naaste?” duidelik beantwoord. Die persoon wat regtig jou naaste is, is die een wat die soort liefde en goedhartigheid bewys soos ons in die Bybel beveel word.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel