-
“Sonder ’n illustrasie het hy nie met hulle gepraat nie”Die Wagtoring – 2002 | September 1
-
-
14. Waarom is dit betekenisvol dat Jesus, in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan, die pad “van Jerusalem na Jerigo” gekies het om sy punt te stel?
14 Tweedens, dink aan die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. Jesus het begin deur te sê: “’n Sekere man het van Jerusalem na Jerigo afgegaan en in die hande van rowers geval, wat hom uitgetrek en ook geslaan het, en hulle het weggegaan en hom halfdood agtergelaat” (Lukas 10:30). Dit is betekenisvol dat Jesus die pad “van Jerusalem na Jerigo” gekies het om sy punt te stel. Toe hy hierdie gelykenis vertel het, was hy in Judea, nie ver van Jerusalem af nie; sy toehoorders het dus heel waarskynlik hierdie pad geken. Dit was bekend as ’n gevaarlike pad, veral vir iemand wat alleen gereis het. Dit het deur ’n verlate gebied gekronkel, wat baie wegkruipplekke vir rowers verskaf het.
15. Waarom kon niemand tereg die onverskilligheid van die priester en die Leviet in die illustrasie van die barmhartige Samaritaan regverdig nie?
15 Iets anders is opmerkenswaardig omtrent Jesus se verwysing na die pad wat “van Jerusalem na Jerigo afgegaan” het. Volgens die verhaal het eers ’n priester en daarna ’n Leviet ook op hierdie pad gereis—hoewel nie een van hulle gestop het om die slagoffer te help nie (Lukas 10:31, 32). Die priesters het by die tempel in Jerusalem gedien, en die Leviete het hulle gehelp. Baie priesters en Leviete het in Jerigo gewoon wanneer hulle nie by die tempel gewerk het nie, want Jerigo was maar 23 kilometer van Jerusalem af. Hulle het dus beslis rede gehad om daardie pad te gebruik. Let ook op dat die priester en die Leviet op die pad “van Jerusalem” af gereis het en dus weg van die tempel af beweeg het.b Niemand kon dus tereg die onverskilligheid van hierdie manne regverdig deur te sê: ‘Hulle het die beseerde man vermy omdat dit gelyk het of hy dood is, en as hulle aan ’n lyk geraak het, sou hulle tydelik ongeskik wees om by die tempel te dien’ (Levitikus 21:1; Numeri 19:11, 16). Is dit nie duidelik dat Jesus in sy illustrasie dinge gebruik het wat vir sy gehoor bekend was nie?
-
-
“Sonder ’n illustrasie het hy nie met hulle gepraat nie”Die Wagtoring – 2002 | September 1
-
-
b Jerusalem was hoër as Jerigo geleë. Daarom sou ’n reisiger wat “van Jerusalem na Jerigo” gereis het, soos in die gelykenis gemeld word, “afgegaan” het.
-