Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Dien Jehovah sonder om afgelei te word
    Die Wagtoring — 2015 | Oktober 15
    • “Maria [het] na [Jesus se] woord bly luister . . . Marta daarenteen is afgelei deurdat sy na baie pligte omgesien het.” —LUKAS 10:39, 40.

  • Dien Jehovah sonder om afgelei te word
    Die Wagtoring — 2015 | Oktober 15
    • 2 Jesus was lief vir Marta omdat sy goedhartig en vrygewig was, en sy was ook ’n harde werker. Maar Jesus het haar bowenal liefgehad omdat sy sterk geloof gehad het. Sy het alles geglo wat Jesus geleer het, en sy was oortuig daarvan dat hy die beloofde Messias was (Johannes 11:21-27). Maar soos ons almal, was Marta nie volmaak nie, sy het ook foute gemaak. Byvoorbeeld, toe Jesus hulle eenkeer besoek het, het Marta vir Jesus gesê om haar suster, Maria, tereg te wys. “Here,” het Marta gesê, “gee u nie om dat my suster my alleen na alles laat omsien nie? Sê dan vir haar om my te kom help.” (Lees Lukas 10:38-42.) Waarom het Marta dit gesê, en wat kan ons leer uit die antwoord wat Jesus haar gegee het?

  • Dien Jehovah sonder om afgelei te word
    Die Wagtoring — 2015 | Oktober 15
    • 4 Maar Marta was afgelei. Sy was besig om ’n spesiale maaltyd vir Jesus voor te berei en baie ander dinge te doen om sy besoek so aangenaam as moontlik te maak. Toe sy sien dat Maria haar nie help nie, het sy geïrriteerd geraak en by Jesus gekla. Hy het geweet dat Marta te veel probeer doen, en daarom het hy liefdevol gesê: “Marta, Marta, jy is besorg en verontrus oor baie dinge.” Hy het ook gemeld dat ’n eenvoudige maaltyd, dalk net een dis, genoeg sou wees. Toe het Jesus Maria geprys omdat sy aandagtig na hom geluister het. Hy het gesê: “Wat Maria betref, sy het die goeie deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” Maria het dalk vergeet wat sy by daardie maaltyd geëet het, maar sy het sekerlik nooit vergeet wat sy by Jesus geleer het en hoe hy haar geprys het nie. Die apostel Johannes het meer as 60 jaar later geskryf: ‘Jesus het Marta en haar suster liefgehad’ (Johannes 11:5). Hierdie woorde toon dat Marta Jesus se liefdevolle teregwysing aanvaar het en Jehovah die res van haar lewe getrou gedien het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel