Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe moet ons tot God bid?
    Die Wagtoring – 1996 | Julie 15
    • TOE ’n dissipel Jesus gevra het om hom te leer bid, het hy nie geweier om dit te doen nie. Volgens Lukas 11:2-4 was sy antwoord: “Wanneer julle bid, sê: Vader, laat u naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Gee ons hierdie dag ons daaglikse brood. En vergewe ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat by ons in die skuld is. En lei ons nie in versoeking nie” (Katolieke Douay Version). Dit staan algemeen bekend as die Onse Vader. Dit bevat ’n magdom inligting.

  • Hoe moet ons tot God bid?
    Die Wagtoring – 1996 | Julie 15
    • Dit is interessant dat Jesus ook getoon het dat ons gebede persoonlike sake waaroor ons besorg is, kan insluit. Hy het gesê: “Gee ons hierdie dag ons daaglikse brood. En vergewe ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat by ons in die skuld is. En lei ons nie in versoeking nie” (Lukas 11:3, 4, Dy). Jesus se woorde impliseer dat ons God se leiding in alledaagse sake kan vra, dat ons Jehovah oor enigiets kan nader wat ons dalk bekommer of wat ons gemoedsrus versteur. As ons gereeld op hierdie manier versoeke tot God rig, help dit ons om te besef hoe afhanklik ons van hom is. Ons word sodoende meer bewus van sy invloed in ons lewe. Dit is eweneens voordelig om God daagliks te vra om ons oortredinge te vergewe. Sodoende word ons meer bewus van ons swakhede—en verdraagsamer teenoor ander se tekortkominge. Jesus se aansporing dat ons bid vir verlossing van versoeking is ook gepas, veral in die lig van die sedelike verdorwenheid van hierdie wêreld. In ooreenstemming met daardie gebed is ons versigtig om omstandighede en situasies te vermy wat tot sonde kan lei.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel