-
Jy weet nie waar dit sukses sal behaal nie!Die Wagtoring — 2008 | Julie 15
-
-
Die illustrasie van die suurdeeg
9, 10. (a) Watter punt het Jesus in die illustrasie van die suurdeeg beklemtoon? (b) Wat stel suurdeeg dikwels in die Bybel voor, en watter vraag oor Jesus se verwysing na suurdeeg sal ons bespreek?
9 Groei is nie altyd sigbaar vir mense-oë nie. Jesus beklemtoon hierdie punt in sy volgende illustrasie. Hy sê: “Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ’n vrou geneem en in drie groot mate meel verberg het, totdat die hele massa deursuur was” (Matt. 13:33). Wat stel hierdie suurdeeg voor, en hoe hou dit verband met die groei van die Koninkryk?
10 In die Bybel word suurdeeg dikwels gebruik om sonde voor te stel. Die apostel Paulus het in hierdie sin na suurdeeg verwys toe hy gepraat het van die verderflike invloed van ’n sondaar in die gemeente in eertydse Korinte (1 Kor. 5:6-8). Het Jesus nou suurdeeg gebruik om die groei van iets negatiefs voor te stel?
11. Hoe is suurdeeg in eertydse Israel gebruik?
11 Voordat ons hierdie vraag beantwoord, moet ons eers let op drie basiese feite. Eerstens, hoewel Jehovah gedurende die tyd van die Pasgafees geen suurdeeg toegelaat het nie, het hy by ander geleenthede wel offers aanvaar wat suurdeeg bevat het. Suurdeeg is gebruik in verband met gemeenskapsoffers wat as dankbetuiging gebring is, waarin die persoon sy offer vrywillig aangebied het in ’n gees van dankbaarheid vir al Jehovah se seëninge. Dit was ’n vreugdevolle maaltyd.—Lev. 7:11-15.
12. Wat kan ons leer uit die manier waarop die Bybel simbole gebruik?
12 Tweedens, hoewel ’n element by een geleentheid ’n negatiewe konnotasie in die Skrif kan hê, kan dieselfde element by ’n ander geleentheid gebruik word om iets positiefs voor te stel. Byvoorbeeld, in 1 Petrus 5:8 word Satan met ’n leeu vergelyk om sy gevaarlike, wreedaardige geaardheid uit te beeld. Maar in Openbaring 5:5 word Jesus met ’n leeu vergelyk—“die Leeu wat uit die stam Juda is”. In laasgenoemde geval word die leeu as ’n simbool van moedige geregtigheid gebruik.
13. Wat toon Jesus se illustrasie van die suurdeeg in verband met geestelike groei?
13 Derdens, Jesus het nie in sy illustrasie gesê dat die suurdeeg die hele massa bederf het en dit onbruikbaar gemaak het nie. Hy het eenvoudig verwys na die normale proses om brood te maak. Die huisvrou het doelbewus die suurdeeg bygevoeg, en die resultate was positief. Die suurdeeg is in die massa verberg. Die gistingsproses was dus onsigbaar vir die huisvrou. Dit herinner ons aan die man wat saad saai en snags slaap. Jesus het gesê: “Die saad spruit uit en word groot—presies hoe weet [die man] nie” (Mark. 4:27). Wat ’n eenvoudige manier om die onsigbare proses van geestelike groei te illustreer! Ons sien miskien aanvanklik nie die groei nie, maar uiteindelik word die resultate sigbaar.
14. Watter aspek van die predikingswerk word geïllustreer deur die feit dat die suurdeeg die hele massa deursuur?
14 Hierdie groei is nie net onsigbaar vir mense-oë nie, maar dit vind ook oral plaas. Dit is nog ’n aspek wat in die illustrasie van die suurdeeg beklemtoon word. Die suurdeeg deursuur die hele massa, die “drie groot mate meel” (Luk. 13:21). Soos suurdeeg het die Koninkrykspredikingswerk wat tot hierdie geestelike groei aanleiding gegee het, so uitgebrei dat die Koninkryk nou “tot in die mees afgeleë deel van die aarde” verkondig word (Hand. 1:8; Matt. 24:14). Wat ’n wonderlike voorreg is dit tog om deel te wees van hierdie verbasende uitbreiding van die Koninkrykswerk!
-
-
Jy weet nie waar dit sukses sal behaal nie!Die Wagtoring — 2008 | Julie 15
-
-
20, 21. (a) Wat het ons geleer uit die hersiening van Jesus se illustrasies oor groei? (b) Wat is jy vasbeslote om te doen?
20 Wat het ons dus geleer uit ons kort hersiening van Jesus se illustrasies oor groei? Eerstens, net soos met die groei van die mosterdsaadjie was daar ontsaglike groei in die Koninkryksbelange hier op die aarde. Niks kan die uitbreiding van Jehovah se werk stopsit nie! (Jes. 54:17). Daarbenewens word geestelike beskerming voorsien aan dié wat “onder [die boom se] skaduwee blyplek” soek. Tweedens, dit is God wat dit laat groei. Net soos die verborge suurdeeg deur die hele massa versprei het, kan hierdie groei nie altyd maklik gesien of verstaan word nie, maar dit vind wel plaas! Derdens, nie almal wat gunstig gereageer het, het getoon dat hulle geskik is nie. Party was soos die visse in Jesus se illustrasie wat nie geskik was nie.
-