-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 1990 | Maart 15
-
-
Vrae van lesers
◼ Moet ons uit Mattheüs 7:13, 14 en Lukas 13:24 aflei dat die meeste mense, selfs in die opstanding, ware aanbidding sal verwerp?
Nee, hierdie verse steun nie daardie gevolgtrekking nie. Dit hou eerder verband met die verkryging van lewe in die hemelse Koninkryk.
-
-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 1990 | Maart 15
-
-
Die konteks van Lukas 13:24 toon dat dit ’n soortgelyke betekenis het. Jesus het twee gelykenisse oor “die koninkryk van God” vertel. Later is hy gevra: “Here, is die wat gered word, min?” Jesus het geantwoord: “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.” “Baie” dui op mense wat gesmeek het om ingelaat te word nadat ’n deur toegemaak en gesluit is. Hulle was “werkers van die ongeregtigheid” wat nie aan die vereistes voldoen het om saam met “Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God” te wees nie. Die “baie” het gedink dat hulle eerste sou wees “in die koninkryk van God”, maar hulle sou in werklikheid laaste wees, wat klaarblyklik beteken dat hulle glad nie daarin sal wees nie.—Lukas 13:18-30.
Die konteks toon dat Jesus gepraat het oor toelating tot God se hemelse Koninkryk. Joodse leiers van daardie dag het lank reeds ’n bevoorregte posisie gehad, met vry toegang tot God se Woord. Hulle het gedink dat hulle geestelik ryk en in God se oë regverdig was, in teenstelling met die gewone mense, van wie hulle min gedink het (Johannes 9:24-34). Maar Jesus het gesê dat tollenaars en hoere wat sy boodskap aanvaar het en berou gehad het God se goedkeuring kon kry.—Vergelyk Mattheüs 21:23-32; Lukas 16:14-31.
Gewone mense wat Jesus se dissipels geword het, is die geleentheid gegun om as geestelike seuns aanvaar te word toe die hemelse roeping met Pinkster 33 G.J. oopgegaan het (Hebreërs 10:19, 20). Hoewel groot skares Jesus gehoor het, het min hom aanvaar en later die hemelse hoop gekry. Maar die klein kuddetjie geesverwekte mense wat daardie beloning ontvang, kan vergelyk word met Jakob wat in die hemel aan tafel is saam met Jehovah (die Grotere Abraham) en sy Seun (wat deur Isak afgebeeld word). Dit was beslis die moeite werd om ’n mens se kragte daarvoor in te span, maar die meeste wat Jesus gehoor het, het dit nie gedoen nie.
Ons kan gevolglik uit die konteks van albei gevalle sien dat Jesus se woorde (oor die feit dat daar min is op die smal pad wat na die lewe lei en wat gered word) hoofsaaklik betrekking gehad het op die verkryging van God se goedkeuring in daardie tyd toe Hy die hoop op hemelse lewe uitgehou het. Betreklik min wat die waarheidsboodskap gehoor het en geleer het wat vereis word, het daarop ag gegee en getrou gebly.—Mattheüs 22:14; 24:13; Johannes 6:60-66.
-