-
“Sorg vir hierdie wingerdstok”!Die Wagtoring – 2006 | Junie 15
-
-
Jehovah het letterlike Israel met ’n wingerdstok vergelyk, en Jesus het ’n soortgelyke metafoor gebruik. Gedurende die Laaste Avondmaal, soos baie dit noem, het Jesus vir sy dissipels gesê: “Ek is die ware wingerdstok, en my Vader is die landbouer” (Johannes 15:1). Jesus het sy dissipels vergelyk met die lote van die wingerdstok. Soos die lote van ’n letterlike wingerdstok hulle krag van die hoofstam kry, moet Christus se dissipels in eenheid met hom wees. “Sonder my kan julle hoegenaamd niks doen nie”, het Jesus gesê (Johannes 15:5). Boere kweek ’n wingerdstok vir die vrug daarvan, en Jehovah verwag van sy volk om geestelike vrug voort te bring. Dit behaag en verheerlik God, die Landbouer aan wie die wingerdstok behoort.—Johannes 15:8.
-
-
“Sorg vir hierdie wingerdstok”!Die Wagtoring – 2006 | Junie 15
-
-
‘Bly veel vrug dra’
Die figuurlike lote van “die ware wingerdstok” stel gesalfde Christene voor. Maar die “ander skape” moet ook bewys dat hulle Christus se produktiewe dissipels is (Johannes 10:16). Hulle kan ook “veel vrug” dra en hulle hemelse Vader verheerlik (Johannes 15:5, 8). Jesus se illustrasie van die ware wingerdstok herinner ons dat redding daarvan afhang dat ons in eenheid met Christus bly en goeie geestelike vrug dra. Jesus het gesê: “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos ek die gebooie van die Vader bewaar het en in sy liefde bly.”—Johannes 15:10.
-