Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Wat is waarheid?”
    Die Wagtoring – 1995 | Julie 1
    • “Wat is waarheid?”

      DIE twee mans wat teenoor mekaar gestaan het, kon nouliks meer van mekaar verskil het. Die een was ’n politikus wat sinies, ambisieus en ryk was, gereed om enigiets te doen wat sy loopbaan sou bevorder. Die ander was ’n onderrigter wat rykdom en aansien verwerp het en bereid was om sy lewe op te offer om ander se lewens te red. Dit is onnodig om te sê dat hierdie twee mans nie langs dieselfde vuur gesit het nie! Oor een besondere onderwerp het hulle lynreg verskil—die kwessie van waarheid.

      Die mans was Pontius Pilatus en Jesus Christus. Jesus het as ’n veroordeelde misdadiger voor Pilatus gestaan. Waarom? Jesus het verduidelik dat die rede hiervoor—trouens, die hele rede waarom hy aarde toe gekom en sy bediening onderneem het—op een ding neergekom het: die waarheid. “Hiervoor is ek gebore, en hiervoor het ek in die wêreld ingekom,” het hy gesê, “om van die waarheid te getuig.”—Johannes 18:37.

      Pilatus se antwoord was ’n merkwaardige vraag: “Wat is waarheid?” (Johannes 18:38). Wou hy werklik ’n antwoord hê? Waarskynlik nie. Jesus was die soort mens wat enige opregte vraag kon beantwoord, maar hy het Pilatus nie geantwoord nie. En die Bybel sê dat Pilatus summier uit die gehoorsaal gestap het nadat hy die vraag gestel het. Die Romeinse goewerneur het die vraag waarskynlik in siniese ongelowigheid gevra, asof hy sê: “Waarheid? Wat is dit? Daar is nie so iets nie!”a

  • “Wat is waarheid?”
    Die Wagtoring – 1995 | Julie 1
    • a Volgens die Bybelgeleerde R. C. H. Lenski is Pilatus se “toon dié van ’n onverskillige wêreldling wat met sy vraag probeer sê dat enigiets soos godsdienswaarheid ’n nuttelose gissing is”.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel