Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Dié wat ‘gode’ genoem word”
    Ontwaak! – 2005 | April 22
    • Maar iemand vra dalk: ‘In watter sin is Jesus ’n “Magtige God”, en het die apostel Johannes nie gesê dat Jesus self God is nie?’ In Die Bybel, 1953, sê Johannes 1:1: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.” Sommige voer aan dat dit beteken dat “die Woord”, wat as die baba Jesus op aarde gebore is, God die Almagtige is. Is dit waar?

      As hierdie vers vertolk word as ’n aanduiding dat Jesus self God die Almagtige is, weerspreek dit die voorafgaande stelling, “die Woord was by God”. Iemand wat “by” iemand anders is, kan nie ook terselfdertyd daardie persoon wees nie. Baie Bybelvertalings tref dus ’n onderskeid sodat dit duidelik is dat die Woord nie God die Almagtige is nie. ’n Aantal Bybelvertalings sê byvoorbeeld die volgende: “Die Woord was ’n God”, “’n god was die Woord” en “die Woord was goddelik”.a

      Bybelverse wat in Grieks ’n soortgelyke konstruksie het as Johannes 1:1, gebruik die uitdrukking “’n god”. Byvoorbeeld, met verwysing na Herodes Agrippa I het die skare geskreeu: ‘Dit is ’n god se stem.’ En toe Paulus deur ’n giftige slang gebyt is en nie gesterf het nie, het die mense gesê: ‘Hy is ’n god’ (Handelinge 12:22; 28:3-6). Dit is in harmonie met die Griekse grammatika sowel as met wat die Bybel leer, om van die Woord te praat as “’n god” en nie as God nie.—Johannes 1:1.

      Kyk na hoe Johannes “die Woord” in die eerste hoofstuk van sy Evangelie geïdentifiseer het. “Die Woord het vlees geword en onder ons gewoon”, het hy geskryf, “en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid [nie soos dié van God nie, maar] soos dié van ’n enigverwekte seun wat van ’n vader kom.” “Die Woord”, wat vlees geword het, het as die man Jesus op die aarde gelewe en is deur mense gesien. Hy kon dus onmoontlik God die Almagtige wees waarvan Johannes gesê het: “Geen mens het God ooit gesien nie.”—Johannes 1:14, 18.

  • “Dié wat ‘gode’ genoem word”
    Ontwaak! – 2005 | April 22
    • a Sien The New Testament deur James L. Tomanek; The Emphatic Diaglott, interlineêre lesing, deur Benjamin Wilson; The Bible—An American Translation deur J.M.P. Smith en E. J. Goodspeed.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel