-
’n Leë graf – want Jesus lewe!Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Die vrouens is geskok omdat dit lyk asof die graf leeg is! Maria Magdalena hardloop na “Simon Petrus en die ander dissipel, vir wie Jesus lief was” – die apostel Johannes (Johannes 20:2). Maar die ander vrouens by die graf sien ’n engel. En binne die graf is daar nog ’n engel “in ’n lang wit kleed”. – Markus 16:5.
-
-
’n Leë graf – want Jesus lewe!Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Teen hierdie tyd het Maria vir Petrus en Johannes gevind. Uitasem sê sy vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle hom neergelê het nie” (Johannes 20:2). Petrus en Johannes hardloop na die graf toe. Johannes is vinniger en kom eerste by die graf aan. Hy loer by die graf in en sien die verbande, maar hy gaan nie in nie.
Wanneer Petrus daar aankom, gaan hy onmiddellik in. Hy sien die linnedoeke en die doek wat gebruik was om Jesus se kop toe te draai. Nou gaan Johannes in en hy glo wat Maria vir hulle vertel het. Maar ten spyte van wat Jesus vroeër gesê het, verstaan nie een van hulle dat hy opgewek is nie (Matteus 16:21). Hulle wonder wat gebeur het en gaan huis toe. Maar Maria, wat na die graf toe teruggekom het, bly daar.
-