Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe die losprys ons red
    Die Wagtoring — 2010 | Augustus 15
    • Gered van God se gramskap

      4, 5. Wat bewys dat God se gramskap op die teenswoordige goddelose stelsel van dinge bly?

      4 Die Bybel en die nugtere feite van die geskiedenis toon dat God se gramskap sedert Adam se sondeval ‘op [die mensdom] gebly het’ (Joh. 3:36). Dit blyk duidelik uit die feit dat geen mens nog in staat was om uiteindelike dood vry te spring nie. Satan se mededingende soewereiniteit kon mense glad nie teen voortdurende rampspoed beskerm nie, en geen menseregering het die vermoë gehad om in die basiese behoeftes van al sy burgers te voorsien nie (1 Joh. 5:19). Die mensdom word dus steeds deur oorlog, misdaad en armoede geteister.

  • Hoe die losprys ons red
    Die Wagtoring — 2010 | Augustus 15
    • 7 Die apostel Paulus het gesê dat Jesus “ons verlos van die komende gramskap” (1 Tess. 1:10). Daardie finale openbaring van Jehovah se toorn sal tot die ewige vernietiging van onberouvolle sondaars lei (2 Tess. 1:6-9). Wie sal daaraan ontkom? Die Bybel sê: “Hy wat geloof in die Seun beoefen, het die ewige lewe; hy wat aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die gramskap van God bly op hom” (Joh. 3:36). Ja, almal wat lewe en in Jesus en die losprys geloof beoefen wanneer hierdie stelsel tot sy einde kom, sal aan die gevolge van God se finale dag van gramskap ontkom.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel