-
God se rus—Wat is dit?Die Wagtoring — 2011 | Julie 15
-
-
3. Hoe dui Jesus se woorde in Johannes 5:16, 17 aan dat die sewende dag in die eerste eeu nog voortgeduur het?
3 Twee bewysgronde lei ons tot die gevolgtrekking dat die sewende dag in die eerste eeu HJ nog voortgeduur het. Eerstens, beskou Jesus se woorde aan teenstanders wat hom gekritiseer het omdat hy mense op die Sabbat genees het, wat hulle as ’n vorm van werk beskou het. Die Here het vir hulle gesê: “My Vader het tot nou toe aangehou werk, en ek hou aan werk” (Joh. 5:16, 17). Wat was die punt? Jesus is daarvan beskuldig dat hy op die Sabbat werk. Sy antwoord: “My Vader het . . . aangehou werk”, het hierdie aantyging beantwoord. Jesus het as ’t ware vir sy kritici gesê: ‘My Vader en ek is besig met dieselfde soort werk. Aangesien my Vader gedurende sy millenniums lange Sabbat aangehou werk het, is dit my heeltemal geoorloof om aan te hou werk, selfs op die Sabbat.’ Jesus het dus geïmpliseer dat, wat die aarde betref, God se groot Sabbatdag van rus, die sewende dag, in sy dag nog nie geëindig het nie.a
-
-
God se rus—Wat is dit?Die Wagtoring — 2011 | Julie 15
-
-
5. Wat was die doel van die sewende dag, en wanneer sal hierdie voorneme ten volle verwesenlik wees?
5 Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons onthou wat die doel was van die sewende dag. Genesis 2:3 sit dit uiteen: “God het die sewende dag begin seën en dit geheilig.” Hierdie dag is “geheilig”—afgesonder deur Jehovah—om sy voorneme te volbring. Hierdie voorneme is dat die aarde bewoon word deur gehoorsame mans en vroue wat na die aarde en alle lewe daarop sal omsien (Gen. 1:28). Dit is met die verwesenliking van hierdie voorneme voor oë dat Jehovah God sowel as Jesus Christus, die “Here van die sabbat”, “tot nou toe aangehou werk” het (Matt. 12:8). God se rusdag sal voortduur totdat sy voorneme in verband daarmee aan die einde van Christus se Duisendjarige Heerskappy ten volle verwesenlik is.
-
-
God se rus—Wat is dit?Die Wagtoring — 2011 | Julie 15
-
-
a Die priesters en Leviete het op die Sabbat werk in verband met die tempel gedoen en ‘onskuldig gebly’. As die hoëpriester van God se groot geestelike tempel kon Jesus ook sy geestelike toewysing uitvoer sonder vrees dat hy die Sabbat skend.—Matt. 12:5, 6.
-