-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 1988 | Februarie 1
-
-
Geloof in Jesus se offerande is natuurlik van die allergrootste belang vir almal wat God se vergifnis en die ewige lewe, hetsy in die hemel of op ’n paradysaarde, wil verkry. Christus het dit in Johannes 6:51-54 getoon: “Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. . . . Die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld [van die vrykoopbare mensdom] sal gee. . . . Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe.”
Dit is egter merkwaardig dat Jesus daardie woorde nie net tot sy dissipels gerig het nie. ’n Dag nadat Jesus duisende wonderdadig gevoed het, het die skare in die omgewing van Kapernaüm na Jesus toe gekom. Dit is in ’n gesprek met hierdie skare dat hy die woorde in Johannes 6:51-54 geuiter het. Toe Jesus gesê het dat hy die figuurlike “brood [is] wat uit die hemel neergedaal het” en blywender lewensvooruitsigte kan voorsien as die manna wat in die woestyn geëet is, het hy dus nie hoofsaaklik met dissipels gepraat nie.—Johannes 6:24-34.
As ons aan daardie eertydse ondervinding in die woestyn dink, moet ons onthou wie uit Egipte in die woestyn gekom het. Dit was ‘die kinders van Israel, omtrent seshonderdduisend te voet, buiten die kinders, en ’n menigte mense van gemengde bloed’ (Exodus 12:37, 38; 16:13-18). Hierdie “mense van gemengde bloed” het Egiptenare wat met Israeliete getroud was en ander Egiptenare wat hulle lot by Israel ingewerp het, ingesluit. Beide die Israeliete en die “mense van gemengde bloed” het manna nodig gehad om aan die lewe te bly. Maar het die “mense van gemengde bloed” dieselfde vooruitsigte as die Israeliete gehad? Nee, hulle het nie. Ofskoon hulle saam met die Israeliete kon aanbid en die hoop kon hê om die Beloofde Land in te gaan, kon hulle nooit onder die Wetsverbond konings of priesters wees nie. Die feit dat hulle die letterlike manna in die woestyn geëet het, het dus nie aan almal dieselfde vooruitsigte gegee nie.
-
-
Vrae van lesersDie Wagtoring – 1988 | Februarie 1
-
-
Alle ware Christene vandag wat daarna uitsien om vir ewig onder Koninkryksheerskappy op aarde te lewe, weet natuurlik dat dit moontlik is deur geloof in Jesus se offerande te beoefen. Soos Jesus vir die skare gesê het, is hy “die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het” (Johannes 6:51). Maar dit beteken nie dat diegene met die aardse hoop die letterlike Gedenkmaalembleme moet gebruik nie, want hulle is nòg in “die nuwe verbond” nòg in die verbond met Jesus om ‘in sy koninkryk te wees en op trone te sit’.
-