Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat gebeur wanneer ons sterf?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 3. Leer wat die toestand van die dooies regtig is

      Regoor die wêreld glo mense verskillende dinge oor wat gebeur wanneer ons sterf. Maar al daardie dinge kan natuurlik nie waar wees nie.

      • Wat glo mense oor die algemeen oor die toestand van die dooies in die gebied waar jy bly?

      Om te sien wat die Bybel leer, speel die VIDEO.

      VIDEO: Wat is die toestand van die dooies? – Uittreksel (1:19)

      Collage: Tonele uit die video ‘Wat is die toestand van die dooies? – Uittreksel’. 1. ’n Lyk lê op ’n hospitaalbed. 2. ’n Man slaap tussen twee mense terwyl hulle op die trein ry.

      Lees Prediker 3:20, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Volgens hierdie vers, wat gebeur wanneer ’n persoon sterf?

      • Is daar enige deel van ’n persoon wat aanhou lewe nadat hy gesterf het?

      Die Bybel vertel ons van die dood van Lasarus, ’n goeie vriend van Jesus. Lees Johannes 11:11-14, en kyk wat Jesus gesê het oor Lasarus se toestand. Bespreek dan hierdie vrae:

      • Waarmee het Jesus die dood vergelyk?

      • Wat wys hierdie vergelyking vir ons oor die toestand van die dooies?

      • Hoe voel jy oor wat die Bybel sê oor die dood?

  • Die mense vir wie jy lief is, kan weer lewe!
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Lasarus word deur Jesus opgewek terwyl ander verbaas na hulle kyk.

      4. Jesus het bewys dat hy die dooies kan opwek

      Leer meer oor wat Jesus vir sy vriend Lasarus gedoen het. Lees Johannes 11:14, 38-44, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe weet ons dat Lasarus regtig dood was? – Sien vers 39.

      • As Lasarus hemel toe gegaan het, dink jy dat Jesus hom op die aarde sou opwek?

      Speel die VIDEO.

      VIDEO: Jesus wek Lasarus op (1:16)

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel