-
Miljoene wat nou dood is, sal weer leweDie Wagtoring – 1990 | Mei 1
-
-
Jesus se reaksie op Lasarus se dood openbaar ’n baie teer sy van die Seun van God. Sy diep gevoelens by hierdie geleentheid toon duidelik dat hy ’n intense begeerte het om die dooies op te wek. Ons lees: “Toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie. Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword [“gekreun”, NW] in sy gees en Hom ontstel en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk. Jesus het geween. Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!”—Johannes 11:32-36.
-
-
Miljoene wat nou dood is, sal weer leweDie Wagtoring – 1990 | Mei 1
-
-
Die uitdrukking wat met “ontstel” vertaal word, kom van ’n Griekse woord (ta·rasʹso) wat verontrusting aantoon. Volgens The New Thayer’s Greek-English Lexicon of the New Testament beteken dit “om innerlike verwarring by iemand te veroorsaak, . . . om met groot pyn of droefheid te tref”. Die woord “ween” kom van ’n Griekse werkwoord (da·kruʹo) wat beteken “om trane te stort, om innerlik te huil”. Dit is in kontras met die ‘geween’ van Maria en die Jode saam met haar, waarvan Johannes 11:33 melding maak. Die Griekse woord (uit klaiʹo) wat daar gebruik word, beteken om hardop of hoorbaar te huil.d
-