-
Hy verstaan ons pynDie Wagtoring — 2008 | Mei 1
-
-
Toe Jesus se vriend Lasarus ’n ontydige dood gesterf het, het Jesus na Lasarus se dorpie gereis. Lasarus se susters, Maria en Marta, was natuurlik diep bedroef. Jesus het hierdie gesin innig liefgehad (Johannes 11:5). Hoe sou hy dus reageer? Die verslag sê: “Toe Jesus [Maria] sien huil en die Jode wat saam met haar gekom het, sien huil, het hy in die gees gekreun en verontrus geword; en hy het gesê: ‘Waar het julle hom neergelê?’ Hulle het vir hom gesê: ‘Here, kom kyk.’ Jesus het trane gestort” (Johannes 11:33-35). Waarom het Jesus gehuil? Sy geliefde vriend Lasarus was weliswaar dood, maar Jesus was op die punt om dit te verander deur hom op te wek (Johannes 11:41-44). Was daar iets anders wat Jesus hartseer gemaak het?
Kyk weer na die woorde wat hierbo aangehaal word. Let daarop dat Jesus “gekreun” en “verontrus geword” het toe hy Maria en dié by haar sien huil het. Die woorde wat hier in die oorspronklike taal gebruik is, dui op intense emosies.a Jesus is diep geroer deur wat hy gesien het. Die opwelling van sterk emosies in hom was duidelik toe sy oë vol trane geskiet het. Ander se pyn het beslis Jesus se hart geraak. Het jy al ooit begin huil omdat iemand vir wie jy omgee, gehuil het?—Romeine 12:15.
-
-
Hy verstaan ons pynDie Wagtoring — 2008 | Mei 1
-
-
a Die Griekse woord wat met “trane gestort” vertaal word, verwys dikwels na “stilweg huil”, terwyl die woord wat gebruik word om Maria en die ander se gehuil te beskryf, “’n harde gehuil, ’n geweeklaag” kan beteken.
-