Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Apollos—’n welsprekende verkondiger van Christelike waarheid
    Die Wagtoring – 1996 | Oktober 1
    • “Goed vertroud met die Skrif”

      Volgens die Bybelskrywer Lukas het daar omstreeks 52 G.J. “’n sekere Jood met die naam Apollos, ’n boorling van Aleksandrië, ’n welsprekende man, . . . in Efese aangekom; en hy was goed vertroud met die Skrif. Hierdie man is mondeling in die weg van Jehovah onderrig, en aangesien hy gegloei het van die gees, het hy die dinge omtrent Jesus met juistheid gespreek en geleer, hoewel hy net met die doop van Johannes bekend was. En hierdie man het vrymoedig in die sinagoge begin spreek.”—Handelinge 18:24-26.

      Aleksandrië, Egipte, was naas Rome die grootste stad ter wêreld en was vir Jode sowel as vir Grieke een van die belangrikste kultuursentrums van daardie tyd. Apollos het waarskynlik sy grondige kennis van die Hebreeuse Geskrifte en ’n sekere welsprekendheid verkry as gevolg van sy opvoeding in die groot Joodse gemeenskap van daardie stad. Waar Apollos omtrent Jesus geleer het, is moeiliker om af te lei. “Hy was blykbaar ’n reisiger—moontlik ’n rondreisende handelaar”, doen die geleerde F. F. Bruce aan die hand, “en hy kon Christenpredikers ontmoet het in enigeen van ’n paar plekke wat hy besoek het.” Hoe dit ook al sy, hoewel hy met juistheid oor Jesus gespreek en geleer het, wil dit voorkom asof daar voor Pinkster 33 G.J. vir hom getuig is, aangesien hy “net met die doop van Johannes bekend was”.

      As Jesus se voorloper het Johannes die Doper ’n kragtige getuienis vir die hele Israelitiese nasie gegee, en baie het hulle deur hom laat doop as ’n simbool van berou (Markus 1:5; Lukas 3:15, 16). Volgens ’n aantal geskiedkundiges was baie mense onder die Joodse bevolking se kennis van Jesus beperk tot wat op die oewers van die Jordaan verkondig is. “Hulle Christelikheid was op dieselfde vlak as wat dit was met die aanvang van ons Here se bediening”, sê W. J. Conybeare en J. S. Howson. “Hulle was oningelig oor die volle betekenis van die dood van Christus; hulle het moontlik nie eers kennis gedra van die feit dat Hy opgewek is nie.” Apollos was blykbaar ook oningelig oor die uitstorting van heilige gees op Pinkster 33 G.J. Hy het nietemin juiste inligting oor Jesus verkry, en hy het dit nie vir homself gehou nie. Trouens, hy het moedig na geleenthede gesoek om te praat oor wat hy geweet het. Sy ywer en entoesiasme was egter nog nie ooreenkomstig juiste kennis nie.

  • Apollos—’n welsprekende verkondiger van Christelike waarheid
    Die Wagtoring – 1996 | Oktober 1
    • Lukas se verslag sê voorts: “Toe Priscilla en Aquila hom hoor, het hulle hom in hulle geselskap opgeneem en die weg van God met groter juistheid vir hom uitgelê” (Handelinge 18:26). Aquila en Priscilla moes gesien het dat Apollos se geloof in groot mate met hulle s’n ooreengekom het, maar hulle het wyslik nie sy onvolledige begrip in die openbaar probeer regstel nie. Ons kan ons voorstel hoe hulle ’n aantal persoonlike gesprekke met Apollos gehad het, met die doel om hom te help. Hoe het Apollos, ’n man “kragtig . . . in die Skrif”, gereageer? (Handelinge 18:24, Kingdom Interlinear). Apollos het na alle waarskynlikheid sy onvolledige boodskap al ’n tyd lank in die openbaar verkondig voordat hy Aquila en Priscilla ontmoet het. ’n Trotse persoon kon baie maklik geweier het om regstelling te aanvaar, maar Apollos was nederig en dankbaar vir die geleentheid om sy kennis te verruim.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel