Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Christus lei sy gemeente
    Die Wagtoring – 2002 | Maart 15
    • 7. (a) Hoe gebruik Jesus die Bestuursliggaam om leierskap in die gemeentes oor die hele aarde te voorsien? (b) Waarom kan daar gesê word dat Christenopsieners deur die heilige gees aangestel word?

      7 Soos in die eerste eeu, dien ’n klein groepie bekwame manne onder die gesalfde opsieners tans as die Bestuursliggaam, waardeur die saamgestelde getroue en verstandige slaaf verteenwoordig word. Ons Leier gebruik hierdie Bestuursliggaam om bekwame manne—of hulle nou met die gees gesalf is of nie—as ouer manne in die plaaslike gemeentes aan te stel. Die heilige gees, wat Jehovah Jesus die gesag gegee het om te gebruik, speel ’n sleutelrol in hierdie verband (Handelinge 2:32, 33). Hierdie opsieners moet eerstens voldoen aan die vereistes wat uiteengesit word in God se Woord, wat deur die heilige gees geïnspireer is (1 Timoteus 3:1-7; Titus 1:5-9; 2 Petrus 1:20, 21). Hierdie manne word aanbeveel en aangestel ná gebed en onder die leiding van die heilige gees. Daarbenewens toon die persone wat aangestel word, dat hulle die vrugte van hierdie gees voortbring (Galasiërs 5:22, 23). Paulus se raad is dan net soveel van toepassing op alle ouer manne, of hulle gesalfdes is of nie: “Let op julleself en op die hele kudde, waaronder die heilige gees julle as opsieners aangestel het” (Handelinge 20:28). Hierdie aangestelde manne ontvang leiding van die Bestuursliggaam en dien die gemeente gewillig as herders. Op hierdie manier is Christus nou met ons en lei hy die gemeente daadwerklik.

  • Christus lei sy gemeente
    Die Wagtoring – 2002 | Maart 15
    • 11. Waarom toon respek vir die ouermanreëling dat ons ons doop naleef?

      11 Ons Leier is volmaak. Die manne wat hy as gawes gegee het, is nie. Daarom maak hulle soms foute. Maar dit is van die allergrootste belang dat ons aan Christus se reëling lojaal bly. Trouens, om ons toewyding en doop na te leef, beteken dat ons die regmatigheid erken van gesag in die gemeente wat deur middel van die gees gegee is en dat ons ons gewillig daaraan onderwerp. Ons doop ‘in die naam van die heilige gees’ is ’n openbare bekendmaking dat ons die heilige gees erken, asook die rol wat dit in Jehovah se voorneme speel (Matteus 28:19). Hierdie doop toon dat ons met die gees saamwerk en niks doen om die werking daarvan onder Christus se volgelinge te belemmer nie. Aangesien die heilige gees ’n noodsaaklike rol speel in die aanbeveling en aanstelling van ouer manne, kan ons dan werklik aan ons toewyding getrou wees as ons nie met die ouermanreëling in die gemeente saamwerk nie?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel