-
“Ek wil hê dat die keiser my saak moet verhoor!”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
5. Hoe het Festus Paulus behandel?
5 ’n Paar dae later het Festus in Sesarea “op die regterstoel gaan sit”.b Voor hom het Paulus en sy beskuldigers gestaan. In antwoord op hulle ongegronde aanklagte het Paulus gesê: “Ek het nie teen die Wet van die Jode of teen die tempel of teen die keiser gesondig nie.” Die apostel was onskuldig en het verdien om vrygelaat te word. Wat sou Festus besluit? Hy wou die Jode se goedkeuring hê en het vir Paulus gevra: “Wil jy Jerusalem toe gaan en daar voor my oor hierdie dinge geoordeel word?” (Hand. 25:6-9). Wat ’n belaglike voorstel! As Paulus na Jerusalem teruggestuur word, sou sy beskuldigers sy regters word en sou hy beslis doodgemaak word. In hierdie geval het Festus politieke voordeel bo ware geregtigheid gekies. ’n Vroeëre goewerneur, Pontius Pilatus, het dieselfde gedoen in ’n saak waarby ’n selfs belangriker gevangene betrokke was (Joh. 19:12-16). Hedendaagse regters swig dalk ook voor politieke druk. Daarom moet ons nie verbaas wees wanneer howe se beslissings in stryd is met die getuienis in sake waarby God se knegte betrokke is nie.
-
-
“Ek wil hê dat die keiser my saak moet verhoor!”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
b “Die regterstoel” was ’n stoel wat op ’n verhoog geplaas is. Die verhewe posisie het as ’t ware gewig en finaliteit aan die regter se uitspraak verleen. Pilatus het op ’n regterstoel gesit toe hy die aanklagte teen Jesus oorweeg het.
-