Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Baie word gevoed deur middel van ’n klein groepie
    Die Wagtoring — 2013 | Julie 15
    • 8. Hoe het nuwe gelowiges by Pinkster getoon dat hulle duidelik besef wie die kanaal is wat Christus gebruik het?

      8 Vanaf Pinkster 33 HJ het die verrese Christus sy apostels gebruik as die kanaal waardeur hy die res van sy gesalfde dissipels gevoed het. (Lees Handelinge 2:41, 42.) Die Jode en die proseliete wat op daardie dag geesgesalfde Christene geword het, het duidelik besef wie hierdie kanaal uitmaak. Hulle het sonder huiwering “voortgegaan om hulle toe te lê op die leer van die apostels”. Volgens ’n geleerde kan die Griekse werkwoord wat vertaal word met “voortgegaan om hulle toe te lê” die betekenis hê van “onwrikbare en doelgerigte getrouheid aan ’n sekere handelswyse”. Die nuwe gelowiges het ’n groot honger na geestelike voedsel gehad, en hulle het presies geweet waar om dit te kry. Met onwankelbare lojaliteit het hulle hulle tot die apostels gewend om die woorde en dade van Jesus te verduidelik en om nuwe lig te werp op die betekenis van die Skrifgedeeltes wat op hom betrekking het.c—Hand. 2:22-36.

  • Baie word gevoed deur middel van ’n klein groepie
    Die Wagtoring — 2013 | Julie 15
    • c Paragraaf 8: Die feit dat nuwe gelowiges “voortgegaan [het] om hulle toe te lê op die leer van die apostels”, gee te kenne dat die apostels op ’n gereelde basis onderrig het. Van die apostels se leringe is permanent opgeteken in die geïnspireerde boeke wat nou deel uitmaak van die Christelike Griekse Geskrifte.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel