-
‘Jy is ’n vrou wat pragtig is’Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2017 | Nr. 3
-
-
Abraham het na Sara toe gekom, hy was baie opgewonde. Hy kon skaars glo wat so pas gebeur het. Hulle God het met hom gepraat, selfs aan hom verskyn, ongetwyfeld deur middel van ’n engel! Stel jou voor hoe Sara met groot oë na haar man kyk en hom verbaas vra: “Wat het hy vir jou gesê? Asseblief, sê my!” Dalk het Abraham eers gesit om sy gedagtes bymekaar te kry. Toe het hy haar vertel wat Jehovah gesê het: “Trek weg uit jou land en van jou familielede en kom na die land wat ek jou sal wys” (Handelinge 7:2, 3). Nadat hulle opgewondenheid bietjie bedaar het, het hulle begin dink oor wat hierdie toewysing van Jehovah vir hulle sou beteken. Hulle sou hulle gevestigde en gemaklike lewe moes agterlaat en as swerwers lewe! Hoe het Sara hieroor gevoel? Abraham het haar fyn dopgehou. Sou sy bereid wees om saam met hom hierdie groot verandering in hulle lewe te maak?
Dalk was ons nog nooit in ’n situasie soos Sara s’n nie. Ons dink moontlik: ‘Wel, God het my of my maat nog nooit gevra om so iets te doen nie!’ Maar moet ons nie almal ’n soortgelyke keuse maak nie? Ons lewe in ’n materialistiese wêreld wat ons aanmoedig om ons eie gemak, besittings en sekuriteit eerste in ons lewe te stel. Maar die Bybel spoor ons aan om ’n ander keuse te maak. Dit spoor ons aan om geestelike dinge eerste te stel, om God eerder gelukkig te maak as onsself (Matteus 6:33). Wanneer ons dink oor wat Sara gedoen het, kan ons ons afvra: ‘Watter keuse sal ek in die lewe maak?’
-
-
‘Jy is ’n vrou wat pragtig is’Die Wagtoring (Publieke uitgawe) — 2017 | Nr. 3
-
-
En wat van haar familie? Wie sou Sara daar agterlaat? God het beveel: “Trek weg uit jou land en van jou familielede.” Dit moes veral vir haar moeilik gewees het. Sy was ’n warm, liefdevolle vrou en het heel moontlik broers en susters, niggies en nefies en ooms en tannies gehad vir wie sy baie lief was en wat sy seker nooit weer sou sien nie. Maar Sara het dapper voortgegaan en dag na dag gepak en dinge begin regkry sodat hulle kon vertrek.
-