-
Iets van groter waarde as die skatte van EgipteDie Wagtoring – 2002 | Junie 15
-
-
Nadat Moses aan Farao se dogter teruggegee is, is hy “in al die wysheid van die Egiptenaars” onderrig (Handelinge 7:22). Dit het gedui op opleiding wat bedoel was om Moses vir ’n staatsamp geskik te maak. Die veelomvattende geleerdheid van Egipte het wiskunde, meetkunde, argitektuur, bouwerk en ander kunste en wetenskappe ingesluit. Die koninklike gesin sou waarskynlik wou hê dat hy in die Egiptiese godsdiens onderrig word.
Moses het sy bevoorregte onderrigting moontlik saam met ander kinders van koninklike afkoms ontvang. Onder dié wat by hierdie keuronderrigting baat gevind het, was “kinders van buitelandse heersers wat na Egipte gestuur is of as gyselaars daarheen geneem is om ‘opgevoed’ en dan teruggestuur te word om as ondergeskiktes te regeer”, getrou aan Farao (The Reign of Thutmose IV, deur Betsy M. Bryan). Bewaarskole wat aan koninklike paleise verbonde was, het jongmense blykbaar voorberei om as hofbeamptes te dien.a Inskripsies wat uit die tydperke van die Egiptiese Middelryk en Nuwe Ryk dateer, toon dat etlike van Farao se persoonlike dienaars en hooggeplaaste staatsamptenare selfs as volwassenes die eretitel “Kind van die Bewaarskool” behou het.
-
-
Iets van groter waarde as die skatte van EgipteDie Wagtoring – 2002 | Junie 15
-
-
a Hierdie onderrigting was dalk soortgelyk aan dié wat Daniël en sy metgeselle ontvang het om as staatsamptenare in Babilon te dien (Daniël 1:3-7). Vergelyk hoofstuk 3 van Gee ag op Daniël se profesie!, uitgegee deur Jehovah se Getuies.
-