Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Die goeie nuus oor Jesus” word bekend gemaak
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • c Dit was nie ’n impulsiewe daad nie. Aangesien die Etiopiër ’n Joodse proseliet was, het hy reeds ’n kennis gehad van die Skrif, wat die Messiaanse profesieë insluit. Noudat hy kennis oor Jesus se rol in God se voorneme verkry het, kon hy sonder versuim gedoop word.

  • “Die goeie nuus oor Jesus” word bekend gemaak
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • FILIPPUS, “DIE EVANGELIEPREDIKER”

      Toe Christus se volgelinge weens vervolging verstrooi is, het Filippus na Samaria gegaan. Hy het klaarblyklik ten nouste met die eerste-eeuse bestuursliggaam saamgewerk, want “toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samaria die woord van God aanvaar het, het hulle Petrus en Johannes na hulle toe gestuur”. Die gevolg was dat die nuwe gelowiges die heilige gees as vrye gawe ontvang het. – Hand. 8:14-17.

      Filippus sit saam met die Etiopiese eunug op ’n wa.

      Ná die gebeure wat in Handelinge hoofstuk 8 opgeteken is, word Filippus nog net een keer genoem. Sowat 20 jaar ná Filippus se aanvanklike prediking was die apostel Paulus en sy reisgenote aan die einde van Paulus se derde sendingreis op pad na Jerusalem. Die groep het by Ptolemaïs aan land gegaan. “Die volgende dag”, vertel Lukas, “het ons vertrek en in Sesarea aangekom, en ons het in die huis ingegaan van Filippus, die evangelieprediker, wat een van die sewe manne was, en ons het by hom gebly. Hierdie man het vier ongetroude dogters gehad wat geprofeteer het.” – Hand. 21:8, 9.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel