Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Die woord van Jehovah het bly groei”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • Gebaseer op Handelinge 12:1-25

      1-4. In watter moeilike situasie bevind Petrus hom, en hoe sou jy gevoel het as jy in sy plek was?

      MET ’n dawerende slag slaan die enorme ysterpoort agter Petrus toe. Vasgeketting tussen twee Romeinse wagte, word hy na sy sel gelei. Dan moet hy ure, moontlik dae, lank wag voordat hy uitvind wat met hom gaan gebeur. Daar is min om na te kyk buiten die tronkmure en -tralies, sy boeie en sy wagte.

      2 Wanneer die nuus kom, is dit ontstellend. Koning Herodes Agrippa I is vasbeslote om Petrus dood te maak.a Trouens, ná die Pasga sal Petrus voor die volk gebring word, en sy doodsvonnis sal ’n geskenk aan die skares wees. Dit is nie ’n leë dreigement nie. Een van Petrus se mede-apostels – Jakobus – is onlangs deur hierdie selfde heerser tereggestel.

  • “Die woord van Jehovah het bly groei”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • 7, 8. Hoe het die gemeente gereageer toe Petrus gevange geneem is?

      7 Soos Agrippa gehoop het, was die Jode bly oor die teregstelling van Jakobus. Aangespoor hierdeur het hy toe op Petrus gefokus. Soos aan die begin beskryf is, het hy Petrus in hegtenis laat neem. Agrippa het waarskynlik onthou dat tronke nie altyd die apostels kon binnehou nie, soos Hoofstuk 5 van hierdie boek getoon het. Om doodseker te maak, het Herodes Petrus tussen 2 wagte laat boei, met 16 wagte wat in skofte gewerk en hom dag en nag bewaak het om te verseker dat die apostel nie sou ontsnap nie. As Petrus ontsnap het, sou hierdie wagte sy vonnis ontvang. Wat kon Petrus se mede-Christene onder hierdie moeilike omstandighede doen?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel