-
“Met vreugde en heilige gees gevul”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
7 Bar-Jesus het die Koninkryksboodskap teëgestaan. Trouens, die enigste manier waarop hy sy invloedryke posisie as raadgewer van Sergius Paulus kon beskerm, was deur te “keer dat die prokonsul geloof in die Here stel” (Hand. 13:8). Maar Saulus was nie bereid om net toe te kyk terwyl ’n hoftowenaar die belangstelling van Sergius Paulus aflei nie. Wat het Saulus dus gedoen? Die verslag sê: “Toe het heilige gees oor Saulus, wat ook Paulus genoem is, gekom, en hy het reguit na Elimas [Bar-Jesus] gekyk en gesê: ‘O man wat vol allerhande bedrog en allerhande slegtheid is, jou kind van die Duiwel, jou vyand van alles wat regverdig is, hou op om die regte weë van Jehovah te verdraai. Kyk! Jehovah se hand is op jou, en jy sal blind word en die sonlig ’n tyd lank nie sien nie.’ Onmiddellik het ’n dik mis en duisternis oor hom gekom, en hy het rondgegaan en na iemand gesoek om hom aan die hand te lei.”g Wat was die gevolg van hierdie wonderdadige gebeurtenis? “Toe die prokonsul sien wat gebeur het, het hy ’n gelowige geword, want hy was verstom oor wat hy omtrent Jehovah geleer het.” – Hand. 13:9-12.
-
-
“Met vreugde en heilige gees gevul”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
g Van hierdie punt af word Saulus Paulus genoem. Party het aan die hand gedoen dat hy die Romeinse naam aangeneem het ter ere van Sergius Paulus. Maar die feit dat hy die naam Paulus behou het selfs nadat hulle Siprus verlaat het, dui op ’n ander verklaring – dat Paulus, “’n apostel vir die nasies”, besluit het om van daardie tyd af sy Romeinse naam te gebruik. Hy het ook moontlik die naam Paulus gebruik omdat die Griekse uitspraak van sy Hebreeuse naam, Saulus, baie soortgelyk is aan ’n Griekse woord wat ’n slegte konnotasie het. – Rom. 11:13.
-