Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die verdediging van ons geloof
    Die Wagtoring – 1998 | Desember 1
    • 12. Watter omstandighede het Paulus en Barnabas beweeg om in Ikonium met vrymoedigheid te spreek?

      12 Neem ook die voorbeeld van Paulus en Barnabas. Handelinge 14:1, 2 sê: “In Ikonium het hulle saam in die sinagoge van die Jode ingegaan en op so ’n wyse gespreek dat ’n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowiges geword het. Maar die Jode wat nie geglo het nie, het die siele van mense van die nasies opgestook en ten kwade teen die broers beïnvloed.” The New English Bible sê: “Maar die onbekeerde Jode het die nie-Jode aangehits en hulle teen die Christene opgestook.” Die Joodse teenstanders, vir wie dit nie genoeg was dat net hulle die boodskap verwerp nie, het ’n smeerveldtog begin en die nie-Joodse bevolking bevooroordeeld teen die Christene probeer maak.a Hoe moes hulle die Christelike godsdiens tog gehaat het! (Vergelyk Handelinge 10:28.) Paulus en Barnabas het gevoel dat dit ‘’n tyd was om te spreek’, sodat die nuwe dissipels nie deur openbare smaad ontmoedig word nie. Paulus en Barnabas “het dus geruime tyd daaraan bestee om op gesag van Jehovah met vrymoedigheid te spreek”, en Hy het getoon dat dit sy goedkeuring wegdra deur hulle in staat te stel om wonderdadige tekens te doen. Dit het tot gevolg gehad dat party “vir die Jode, maar ander vir die apostels” was.—Handelinge 14:3, 4.

  • Die verdediging van ons geloof
    Die Wagtoring – 1998 | Desember 1
    • a Matthew Henry’s Commentary on the Whole Bible verduidelik dat die Joodse teenstanders “hulle daarop toegespits het om na enige [nie-Jood] te gaan wat hulle geken het en hom alles te vertel wat hulle in hulle kwaadwilligheid kon versin, sodat hulle nie net ’n lae dunk van die Christelike godsdiens sou hê nie, maar sodat dit veragtelik in hulle oë sou word”.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel