Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hulle het “moedig gepreek omdat Jehovah hulle die gesag gegee het”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • 8. Waarom het Paulus en Barnabas uit Ikonium weggegaan, en wat leer ons uit hulle voorbeeld?

      8 Ná ’n ruk het teenstanders in Ikonium ’n komplot gesmee om Paulus en Barnabas te stenig. Toe die twee sendelinge hiervan vertel is, het hulle besluit om na ’n ander predikingsgebied te gaan (Hand. 14:5-7). Koninkryksverkondigers lê vandag ook sulke onderskeidingsvermoë aan die dag. Wanneer mense ons met woorde aanval, praat ons met vrymoedigheid (Fil. 1:7; 1 Pet. 3:13-15). Maar wanneer geweld dreig, sal ons nie iets onverstandigs doen wat ons lewe of die lewe van medegelowiges onnodig in gevaar sal stel nie. – Spr. 22:3.

  • Hulle het “moedig gepreek omdat Jehovah hulle die gesag gegee het”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • Ikonium het op die grens tussen die Galatiese streke Likaonië en Frigië gelê. Sekere antieke skrywers, insluitende Cicero en Strabo, het Ikonium ’n stad van Likaonië genoem, en vanuit ’n geografiese oogpunt het die stad wel tot daardie streek behoort. Die verslag in Handelinge onderskei Ikonium egter van Likaonië, waar “Likaonies” gepraat is (Hand. 14:1-6, 11). Kritici het om hierdie rede aangevoer dat die boek Handelinge onakkuraat is. Maar in 1910 het argeoloë inskripsies in die stad gevind wat aangedui het dat Frigies inderdaad die taal was wat nog twee eeue ná die besoek van Paulus en Barnabas in Ikonium gebruik is. Die skrywer van Handelinge het Ikonium dus heel tereg van die stede van Likaonië onderskei.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel