Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring – 1991 | Junie 15
    • 7, 8. Hoe het dit duidelik geword dat God se wet op bloed op Christene van toepassing is?

      7 Die geskiedenis toon wat later gebeur het toe ’n raadsvergadering van die Christelike bestuursliggaam moes besluit of Christene al Israel se wette moes hou. Onder goddelike leiding het hulle gesê dat Christene nie verplig is om die Mosaïese wet te hou nie maar dat dit ‘noodsaaklik’ is dat hulle hulle “onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is [vleis waarvan die bloed nie uitgeloop het nie] en van hoerery” (Handelinge 15:22-29). Hulle het dit dus duidelik gestel dat dit sedelik net so belangrik is om bloed te vermy as wat dit is om afgodediens en growwe onsedelikheid te vermy.a

      8 Die eertydse Christene het daardie goddelike verbod onderhou. Britse geleerde Joseph Benson het daaroor kommentaar gelewer en gesê: “Hierdie verbod op die eet van bloed, wat aan Noag en sy hele nageslag gegee is, en aan die Israeliete herhaal is . . . is nooit herroep nie, maar is eerder onder die Nuwe Testament, Handelinge xv. bevestig; en daardeur het dit ’n ewigdurende verpligting geword.” Maar sal die Bybel se beskouing van bloed van toepassing wees op hedendaagse mediese gebruike, soos oortappings, wat uiteraard nie in die tyd van Noag of die apostels gebruik is nie?

  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring – 1991 | Junie 15
    • a Die verordening het afgesluit met dié woorde: “As julle jul sorgvuldig van hierdie dinge onthou, sal dit met julle goed gaan. Ons wens julle goeie gesondheid toe!” (Handelinge 15:29, NW). Die uitdrukking “Ons wens julle goeie gesondheid toe” was nie ’n belofte met dié strekking nie: ‘As jy jou van bloed en van hoerery onthou, sal jy beter gesondheid geniet.’ Dit was bloot ’n manier om die brief af te sluit, soos wanneer ons ‘Vaarwel’ sê.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel