Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Filippi—plek van fonteine
    Ontwaak! – 1991 | Maart 22
    • Die grond is onlangs eers met welslae drooggelê. Maar die fonteine is nog daar en die riviere vloei nog. Die ou Romeinse pad kruis die Gangites-rivier op een plek. Die rivier was vir Paulus spesiaal, en ons wou dit sien.

  • Filippi—plek van fonteine
    Ontwaak! – 1991 | Maart 22
    • Volgens die Bybel het Paulus en sy metgeselle “in hierdie stad ’n paar dae deurgebring” (Handelinge 16:12). Geen opwindende gebeurtenisse is opgeteken nie. Toe het Paulus eendag van ’n groepie gehoor wat nie ou of nuwe gode gevolg het nie en blykbaar tog godsdienstig was. Hulle het vergader anderkant die koloniale boog buite die dorp naby die plek waar die pad die rivier gekruis het.

      “Op die sabbatdag”, het Lukas geskryf, “het ons uitgegaan buitekant die stad langs ’n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.” Die bespreking het gehandel oor die hoop op redding en die ewige lewe deur Jesus Christus. Veral “’n vrou met die naam van Lidia, ’n purperverkoopster . . . het geluister; en die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is”.—Handelinge 16:13, 14; vergelyk Filippense 2:12, 16; 3:14.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel