Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Kom oor na Masedonië”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • 16. Hoe is die bordjies verhang die dag nadat Paulus en Silas geslaan is?

      16 Die oggend nadat Paulus en Silas geslaan is, het die magistrate beveel dat hulle vrygelaat moet word. Maar Paulus het gesê: “Hulle het ons in die openbaar geslaan sonder ’n verhoor, al is ons Romeine, en hulle het ons in die tronk gegooi. Wil hulle ons nou in die geheim uitgooi? Beslis nie! Laat hulle self kom en ons uitbring.” Toe die magistrate hoor dat die twee manne Romeinse burgers is, het hulle “bang geword”, want hulle het die manne se regte geskend.d Die bordjies is verhang. Die dissipels is in die openbaar geslaan; nou moes die magistrate in die openbaar verskoning vra. Hulle het Paulus en Silas gesmeek om Filippi te verlaat. Die twee dissipels het ingestem, maar hulle het eers tyd gemaak om die groeiende groep nuwe dissipels aan te moedig. Eers daarna het hulle vertrek.

  • “Kom oor na Masedonië”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • d Volgens die Romeinse reg was ’n burger altyd geregtig op ’n behoorlike verhoor en mag hy nooit sonder ’n verhoor in die openbaar gestraf word nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel