Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Hy het . . . uit die Skrif met hulle geredeneer”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • Paulus en Silas soek beskerming by iemand se huis om weg te kom van ’n oproerige skare. ’n Man praat met die skare deur ’n geslote hek.

      “Hulle wou hê dat Paulus en Silas na die groep toe uitgebring moes word.” – Handelinge 17:5

      10 Lukas vertel ons wat volgende gebeur het: “Die Jode het jaloers geword en het ’n klomp slegte manne bymekaargemaak wat op die markplein rondgehang het. Hulle het ’n groot groep gevorm en ’n oproer in die stad veroorsaak. Hulle het die huis van Jason aangeval omdat hulle wou hê dat Paulus en Silas na die groep toe uitgebring moes word. Toe hulle hulle nie kon vind nie, het hulle Jason en party broers na die stadsleiers toe gesleep en uitgeroep: ‘Hierdie mense wat oral op die aarde moeilikheid gemaak het, is nou ook hier, en Jason het hulle as sy gaste ontvang. Al hierdie mense kom in opstand teen die bevele van die keiser deur te sê dat daar ’n ander koning is, Jesus’”(Hand. 17:5-7). Hoe sou hierdie oproer Paulus en sy metgeselle raak?

      11. Watter aantygings is teen Paulus en sy mede-Koninkryksverkondigers gemaak, en watter bevel het die beskuldigers dalk in gedagte gehad? (Sien voetnoot.)

      11 ’n Oproerige skare is vreesaanjaend. Dit stroom met die krag van ’n rivier in vloed – gewelddadig en onbeheersd. Die Jode het dié wapen gebruik om van Paulus en Silas te probeer ontslae raak. Nadat die Jode “’n oproer in die stad veroorsaak” het, het hulle die heersers probeer oortuig dat hulle aantygings ernstig is. Die eerste aantyging was dat Paulus en sy mede-Koninkryksverkondigers “oral op die aarde moeilikheid gemaak het”, hoewel Paulus en sy metgeselle nie die oproer in Tessalonika veroorsaak het nie! Die tweede aantyging was baie ernstiger. Die Jode het beweer dat die sendelinge ’n ander Koning, Jesus, verkondig en sodoende teen die keiser se bevele in opstand kom.a

      12. Wat toon dat die aantygings teen Christene in Tessalonika ernstige gevolge kon gehad het?

      12 Onthou dat die godsdiensleiers ’n soortgelyke aantyging teen Jesus gemaak het. Hulle het vir Pilatus gesê: “Ons het vasgestel dat hierdie man ons nasie opstandig maak . . . en sê dat hy Christus, ’n koning, is” (Luk. 23:2). Moontlik uit vrees dat die keiser tot die slotsom sou kom dat hy hoogverraad deur die vingers sien, het Pilatus Jesus ter dood veroordeel. Die aantygings teen die Christene in Tessalonika kon eweneens ernstige gevolge gehad het. Een naslaanwerk sê: “Dit is moeilik om die gevaar wat dit vir hulle ingehou het, te oordryf, want ‘die geringste aanduiding van verraad teen die keisers het dikwels tot die beskuldigde se dood gelei’.” Sou hierdie hatige aanval slaag?

  • “Hy het . . . uit die Skrif met hulle geredeneer”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • a Volgens een geleerde was daar destyds ’n keiserlike bevel wat verbied het dat enige voorspelling gemaak word “aangaande die koms van ’n nuwe koning of koninkryk, veral een wat na bewering die bestaande keiser sou vervang of veroordeel”. Paulus se vyande het heel moontlik die apostel se boodskap verkeerd voorgestel sodat dit sou klink asof hulle in opstand teen die bevel gekom het. Sien die venster “Die keisers en die boek Handelinge”.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel