Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Lees God se Woord en dien hom in waarheid
    Die Wagtoring – 1996 | Mei 15
    • 5. Wat is nodig as ons God se waarheid wil vind?

      5 God se waarheid is ’n kosbare skat. As ons dit wil vind, moet ons daarna delf, aanhoudend die Skrif ondersoek. Slegs as ons soos jong kinders deur die Grootse Onderrigter geleer word, verkry ons wysheid en verstaan ons die eerbiedige vrees van Jehovah (Spreuke 1:7; Jesaja 30:20, 21). Ons moet dinge natuurlik skriftuurlik bewys (1 Petrus 2:1, 2). Jode in Berea “was edelmoediger as dié in Tessalonika, want hulle het die woord met die grootste gretigheid van verstand ontvang en die Skrif daagliks sorgvuldig ondersoek of hierdie dinge [wat Paulus gesê het] so was”. Die Bereane is geprys en nie tereggewys omdat hulle dit gedoen het nie.—Handelinge 17:10, 11.

  • Lees God se Woord en dien hom in waarheid
    Die Wagtoring – 1996 | Mei 15
    • 7. Wat het ons nodig om ons begrip van die Bybel te vergroot, en waarom?

      7 Om ons begrip van die Bybel te vergroot, het ons die leiding van God se gees, of werkende krag, nodig. “Die gees ondersoek alle dinge, selfs die diep dinge van God” om die betekenis daarvan duidelik te maak (1 Korintiërs 2:10). Christene in Tessalonika moes ‘van alle dinge seker maak’ in enige profesie wat hulle gehoor het (1 Tessalonisense 5:20, 21). Toe Paulus (omstreeks 50 G.J.) aan die Tessalonisense geskryf het, was Matteus se Evangelie die enigste deel van die Griekse Geskrifte wat reeds geskryf was. Die Tessalonisense en die Bereane kon dus van alle dinge seker maak moontlik deur dit met die Griekse Septuagint-vertaling van die Hebreeuse Geskrifte te vergelyk. Hulle moes die Skrif lees en bestudeer, en ons moet dit ook doen.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel