-
Is jy ontvanklik vir nuwe idees?Die Wagtoring – 1989 | Januarie 15
-
-
Daar was nogtans mense wat bereid was om verder as hulle vooroordele te kyk. Hoe het inwoners van Berea byvoorbeeld gereageer op die goeie nuus wat deur die apostel Paulus en sy metgesel Silas verkondig is? Die Bybelskrywer Lukas het aangaande die Bereane gesê: “Hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Handelinge 17:11). Is jy ‘edelmoedig’ soos die Bereane?
Beskou asseblief die geval van Masaji. Daar was ’n tyd toe hy baie vyandig teenoor die Christelike godsdiens was. Hy was soos die isolasioniste wat die oopstelling van Japan teengestaan het. Toe sy vrou, Satsjiko, die Bybel begin bestudeer het, het hy haar gewelddadig teengestaan. Hy het dit selfs oorweeg om sy gesin dood te maak en dan selfmoord te pleeg. Weens sy gewelddadigheid moes sy gesin na die huis van Satsjiko se ouer broer in Noord-Japan vlug.
Uiteindelik het Masaji besluit om sy gemoed effens oop te stel en sy vrou se godsdiens te ondersoek. Nadat hy Bybellektuur gelees het, het hy besef dat hy veranderinge sou moes aanbring. Namate hy die Skrif bestudeer het, het sy gewelddadige gesindheid verander in een wat die vrugte van God se gees weerspieël (Galasiërs 5:22). Masaji het gehuiwer om vergaderinge van Jehovah se Getuies by te woon, omdat hy bang was dat die Getuies hulle op hom sou wreek weens sy gewelddade teen hulle. Maar toe hy uiteindelik na ’n Koninkryksaal gegaan het, is hy met sulke hartlikheid verwelkom dat hy in trane uitgebars het.
-
-
Is jy ontvanklik vir nuwe idees?Die Wagtoring – 1989 | Januarie 15
-
-
Wat kan ons hieruit leër? Dat ons selektief moet wees en nie net enige nuwe idee moet aanvaar nie. Dit sal goed wees as ons die Bereane navolg deur “elke dag die Skrifte [te] ondersoek of hierdie dinge [wat deur Paulus geleer is] so was” (Handelinge 17:11). Die Griekse woord wat hier met “ondersoek” weergegee word, beteken om “noukeurige en juiste navorsing te doen soos in regsprosedures” (Word Pictures in the New Testament, deur A. T. Robertson). Pleks van elke nuwe idee waarvan ons boor blindelings te aanvaar, moet ons noukeurige en juiste navorsing doen, net soos ’n regter sal doen wanneer hy ’n regsaak verhoor.
-