Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Hou aan praat en moenie stilbly nie”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • 8, 9. Hoe het Paulus gereageer toe sy intensiewe getuienis aan die Jode teenkanting uitgelok het, en waarheen het hy toe gegaan om te preek?

      8 Die feit dat Paulus sekulêre werk bloot as ’n middel tot ’n doel beskou het, kon duidelik gesien word toe Silas en Timoteus met milddadige geskenke van Masedonië af gekom het (2 Kor. 11:9). Paulus was onmiddellik “druk besig om die woord te verkondig [“al sy tyd bestee aan die prediking”, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling]” (Hand. 18:5). Maar hierdie intensiewe getuienis aan die Jode het hewige teenkanting uitgelok. Paulus het geweier om enige verdere verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar dat sy Joodse teenstanders die lewensreddende boodskap oor die Christus verwerp het en het sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: “Laat julle bloed op julle eie koppe wees. Ek is rein. Van nou af sal ek na mense van die nasies toe gaan.” – Hand. 18:6; Eseg. 3:18, 19.

  • “Hou aan praat en moenie stilbly nie”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • 10. Wat toon dat Paulus nie besluit het om net vir mense van die nasies te preek nie?

      10 Het Paulus se woorde dat hy voortaan na die mense van die nasies sou gaan, beteken dat hy heeltemal sou ophou om aandag te skenk aan Jode en Joodse proseliete, selfs dié wat gunstig gereageer het? Dit kon nouliks die geval gewees het. Byvoorbeeld, “Krispus, die hoofbeampte van die sinagoge, en almal in sy huis het in die Here begin glo”. Klaarblyklik het baie van dié wat aan die sinagoge verbonde was, by Krispus aangesluit, want die Bybel sê: “Baie van die Korintiërs wat gehoor het, het begin glo en is gedoop” (Hand. 18:8). Die huis van Titius Justus het dus die vergaderplek van die pas gestigte Christengemeente in Korinte geword. As hierdie verslag in Handelinge volgens Lukas se kenmerkende styl – dit wil sê chronologies – geskryf is, het die bekering van daardie Jode of proseliete plaasgevind nadat Paulus sy klere uitgeskud het. Die voorval sal dan boekdele spreek vir die apostel se aanpasbaarheid.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel