Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • God beveel sy liefde by ons aan
    Die Wagtoring — 2011 | Junie 15
    • 7, 8. Hoe het die lewensweg van twee volmaakte mense verskillende resultate gehad?

      7 Jehovah het liefdevol ’n voorsiening gemaak sodat mense oorgeërfde sonde te bowe kan kom. Paulus het verduidelik dat dit moontlik gemaak is deur middel van ’n ander mens, ’n latere volmaakte mens—as ’t ware ’n tweede Adam (1 Kor. 15:45). Maar die lewensweg van hierdie twee volmaakte mense het heeltemal verskillende resultate gehad. Hoe so?—Lees Romeine 5:15, 16.

      8 “Dit is met die gawe nie soos dit met die oortreding was nie”, het Paulus geskryf. Adam was skuldig aan hierdie oortreding, en hy het tereg ’n ongunstige oordeel ontvang—hy het gesterf. Maar hy was nie die enigste een wat gesterf het nie. Ons lees dat “baie deur [hierdie] een mens se oortreding gesterf het”. Die regverdige oordeel oor Adam het vereis dat al sy onvolmaakte nakomelinge, insluitende ons, ook sterf. Ons kan nietemin troos put uit die wete dat die volmaakte mens Jesus die teenoorgestelde resultaat kon meebring. Watter resultaat? Ons vind die antwoord in Paulus se vermelding van ’n “regverdigverklaring [van alle soorte mense] vir die lewe”.—Rom. 5:18.

      9. Wat het God gedoen deur mense regverdig te verklaar, soos gemeld word in Romeine 5:16, 18?

      9 Wat is die grondbetekenis van die Griekse woorde waaruit die term “regverdigverklaring” bestaan? ’n Bybelvertaler het die volgende oor hierdie begrip geskryf: “Dit is ’n regsmetafoor wat ’n kwasiregspunt stel. Dit verwys na ’n verandering in ’n persoon se posisie in verhouding tot God, nie na ’n innerlike verandering in die persoon nie . . . Die metafoor beeld God uit as die regter wat ’n beslissing geneem het ten gunste van die beskuldigde, wat as ’t ware voor God se hof gebring is op ’n aanklag van onregverdigheid. Maar God spreek die beskuldigde vry.”

  • God beveel sy liefde by ons aan
    Die Wagtoring — 2011 | Junie 15
    • 14, 15. Watter beloning is voorgehou aan dié wat deur God regverdig verklaar is, maar wat moes hulle nog steeds doen?

      14 Dink net wat ’n gawe dit is dat die Almagtige die sonde wat ’n persoon geërf het sowel as die verkeerde dinge wat hy gedoen het, vergewe! Jy kan nie tel hoeveel sondes mense gepleeg het voordat hulle Christene geword het nie, maar God kan hierdie sondes op grond van die losprys vergewe. Paulus het geskryf: “Die gawe het uit baie oortredings tot ’n regverdigverklaring gelei” (Rom. 5:16). Die apostels en ander wat hierdie liefdevolle gawe (om regverdig verklaar te word) ontvang het, sou moes voortgaan om die ware God in geloof te aanbid. Met watter toekomstige beloning? “Dié wat die oorvloed van die onverdiende goedhartigheid en van die vrye gawe van regverdigheid ontvang, [sal] in die lewe as konings heers deur middel van die een persoon, Jesus Christus.” Ja, die gawe van regverdigheid het die teenoorgestelde uitwerking as Adam se oortreding. Dié gawe het lewe tot gevolg.—Rom. 5:17; lees Lukas 22:28-30.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel