Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie sal ons skei van God se liefde?
    Die Wagtoring – 2001 | Oktober 15
    • 14. Waarom was Paulus oortuig van God se liefde ten spyte van die ontberinge wat Christene moontlik ly?

      14 Lees Romeine 8:38, 39. Wat het Paulus daarvan oortuig dat niks Christene van God se liefde kon skei nie? Paulus se persoonlike ondervindinge in die bediening het ongetwyfeld sy oortuiging versterk dat ontberinge nie God se liefde vir ons kan beïnvloed nie (2 Korintiërs 11:23-27; Filippense 4:13). Ook het Paulus kennis van Jehovah se ewige voorneme en handelinge met Sy volk in die verlede gehad. Kan selfs die dood God se liefde vir diegene wat hom lojaal gedien het, oorwin? Beslis nie! Sulke getroue knegte wat sterf, sal in God se volmaakte geheue bly lewe, en hy sal hulle op sy bestemde tyd opwek.—Lukas 20:37, 38; 1 Korintiërs 15:22-26.

  • Wie sal ons skei van God se liefde?
    Die Wagtoring – 2001 | Oktober 15
    • 16 As Christene hoef ons nie te vrees dat enigiets wat Paulus “teenswoordige dinge” genoem het—die gebeure, toestande en situasies in hierdie huidige stelsel van dinge—of “toekomstige dinge” God se gehegtheid aan sy knegte kan verbreek nie. Hoewel aardse en hemelse magte teen ons oorlog voer, is God se lojale liefde daar om ons te onderskraag. Nie “hoogte of diepte” keer God se liefde nie, soos Paulus beklemtoon het. Ja, niks wat ons probeer aftakel en niks wat hoër gesag oor ons probeer uitoefen, kan ons van God se liefde skei nie; ook kan geen ander skepping die Skepper se verhouding met sy getroue knegte benadeel nie. God se liefde faal nooit nie; dit is ewigdurend.—1 Korintiërs 13:8.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel