Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan”
    Die Wagtoring – 1989 | Januarie 1
    • IN PSALM 19 loof Dawid die heerlikheid van God se fisiese skepping en spreek hy voorts innige waardering uit vir Jehovah se wet, vermanings, bevele, gebooie en regterlike beslissings. Die apostel Paulus het ook waardering vir hierdie dinge getoon. Hy het uit hierdie psalm aangehaal en dit ’n grotere toepassing op die lewensbelangrike werk van ware Christene gegee. Hy het van hulle gesê: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.”—Romeine 10:18.

      Hierdie “woorde” is vandag van lewensbelang vir die hele mensdom, want Jehovah se regterlike beslissings gaan binnekort aan die goddelose stelsel van dinge op aarde voltrek word (Sefanja 2:2, 3, NW; 3:8, NW). Die mensdom moet beslis die goeie nuus van Jehovah se Koninkryk hoor. Waar jy ook al vandag kyk, is daar verdeeldheid, wetteloosheid, misdadigheid, onsedelikheid, verbroke gesinne. O ja, daar is vredespraatjies, maar die groot moondhede bou steeds wapens wat meer gevorderd as ooit tevore is, terwyl die lidmaatskap van die ‘kernklub’ altyd tot meer nasies uitbrei. Toestande op aarde strook duidelik met “die laaste dae” wat deur Paulus in 2 Timotheüs 3:1-5 beskryf word.

  • “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan”
    Die Wagtoring – 1989 | Januarie 1
    • Gelukkig het Jehovah sy Getuies uitgestuur om die mense in te lig dat God se Koninkryk ophande is en dat dit redding sal beteken wat tot die ewige lewe sal lei vir diegene wat God en sy Seun, Jesus Christus, leer ken (Jesaja 43:10, 12; Lukas 21:25, 26, 31; Johannes 17:3). Hierdie goeie nuus word “oor die hele aarde” verkondig.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel