Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Breek alle redenasies af wat teen die kennis van God is!
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2019 | Junie
    • 1. Watter waarskuwing het die apostel Paulus aan gesalfde Christene gegee?

      “MOENIE langer na hierdie stelsel van dinge gevorm word nie,” het die apostel Paulus gewaarsku (Rom. 12:2). Paulus het hierdie woorde aan die eerste-eeuse Christene gerig. Hoekom het hy hierdie direkte waarskuwing aan manne en vroue gegee wat aan God toegewy en met heilige gees gesalf was? – Rom. 1:7.

      2-3. Hoe probeer Satan ons teen Jehovah draai, maar hoe kan ons dinge uitroei wat diep in ons verstande gewortel is?

      2 Paulus was bekommerd omdat party Christene blykbaar beïnvloed is deur die skadelike redenasies en filosofieë wat deur Satan se wêreld bevorder is (Ef. 4:17-19). Dit kan met enigeen van ons gebeur. In ’n desperate poging om ons teen Jehovah te draai, gebruik Satan, die god van hierdie wêreld, verskillende taktieke. Een van hierdie taktieke is om enige selfsugtige neiging wat ons dalk het, soos om belangrik of beroemd te wil wees, uit te buit. Hy kan selfs sekere aspekte van ons agtergrond, kultuur of opvoeding gebruik om ons sover te kry om soos hy te dink.

  • Breek alle redenasies af wat teen die kennis van God is!
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2019 | Junie
  • Breek alle redenasies af wat teen die kennis van God is!
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2019 | Junie
    • ‘HERVORM JULLE VERSTAND’

      4. Watter veranderinge het baie van ons gemaak toe ons die waarheid geleer het?

      4 Dink terug aan die veranderinge wat jy moes maak toe jy die waarheid van God se Woord geleer het en besluit het om Jehovah te dien. Baie van ons moes ophou om verkeerde dinge te doen (1 Kor. 6:9-11). Hoe dankbaar is ons tog dat Jehovah ons gehelp het om sulke slegte gebruike te oorkom!

      5. Watter twee dinge moet ons volgens Romeine 12:2 doen?

      5 Ons moet egter nooit voel dat ons nie meer enige veranderinge hoef te maak nie. Al het ons voordat ons gedoop is, opgehou om ernstige sondes te pleeg, moet ons nog steeds hard probeer om enigiets te vermy wat ons in die versoeking kan bring om weer hierdie dinge te doen. Hoe kan ons dit doen? Paulus antwoord: “Moenie langer na hierdie stelsel van dinge gevorm word nie, maar word verander deur julle verstand te hervorm” (Rom. 12:2). Daar is dus twee dinge wat ons moet doen. Eerstens, ons “moenie langer . . . gevorm”, of beïnvloed, word deur hierdie wêreld nie. Tweedens, ons moet “verander” deur ons verstand te hervorm.

      Het ons heeltemal verander of gee ons net voor?

      ’n Jong man is nie geskeer nie en lyk slordig, maar hy hou ’n lewensgrootte uitknipsel van homself vas waarin hy geskeer is en ’n hemp en das aanhet

      Die Griekse woord wat in Romeine 12:2 met “verander” vertaal word, dui op ’n algehele verandering, soos wanneer ’n ruspe in ’n skoenlapper verander. Om verander te word beteken dat ons verander wat ons van binne is – ons karakter en ons geaardheid. In teenstelling hiermee verwys die Griekse woord wat in 2 Korintiërs 11:13-15 met “verander”, of voorgee, vertaal word na ’n verandering wat net uiterlik, of oppervlakkig, is.

      6. Wat leer ons uit Jesus se woorde in Matteus 12:43-45?

      6 Die verandering wat Paulus in gedagte gehad het, is meer as net ’n oppervlakkige verandering in hoe ons lyk. Dit raak ons hele lewe. (Sien die venster “Het ons heeltemal verander of gee ons net voor?”) Ons moet ons verstand hervorm – ons diepste gevoelens, gesindhede en neigings. Daarom moet elkeen van ons ons afvra: ‘Is die veranderinge wat ek maak om ’n Christen te word net oppervlakkig, of word ek werklik ’n Christen in my hart en verstand?’ Die verskil is belangrik. Jesus het in sy woorde in Matteus 12:43-45 getoon wat gedoen moet word. (Lees.) Hierdie woorde leer ons ’n belangrike les: Dit is nie genoeg om net ontslae te raak van verkeerde gedagtes nie; ons moet dit vervang met gedagtes wat God goedkeur.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel