Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie vorm jou denke?
    Die Wagtoring – 1999 | April 1
    • Paulus het sy mede-Christene gevolglik gesmeek om “op [te hou] om na hierdie stelsel van dinge gevorm te word” (Romeine 12:2). Een Bybelvertaler het Paulus se woorde soos volg omskryf: “Moenie dat die wêreld om jou jou in sy vorm druk nie” (Romeine 12:2, Phillips). Satan sal enigiets probeer om jou in sy vorm te druk, soos die pottebakker van die ou tyd wat die klei in ’n oop gietvorm gedruk het sodat dit die patrone en vorm sou aanneem wat hy dit wou gee. Satan het die wêreld se politiek, handel, godsdiens en vermaak ingestel om dit te doen. Presies hoe verreikend is sy invloed? Dit is so wydverspreid soos dit in die apostel Johannes se dag was. “Die hele wêreld”, het Johannes gesê, “lê in die mag van die bose.” (1 Johannes 5:19; sien ook 2 Korintiërs 4:4.) As jy enigsins twyfel oor Satan se vermoë om mense te mislei en hulle denke te verderf, moet jy onthou met watter sukses hy dit gedoen het aan ’n hele volk, Israel, wat aan God toegewy was (1 Korintiërs 10:6-12). Kan dieselfde met jou gebeur? Dit kan gebeur as jy jou verstand aan Satan se misleidende invloed blootstel.

  • Wie vorm jou denke?
    Die Wagtoring – 1999 | April 1
    • Dit is jou keuse. Jy kan kies om “na hierdie stelsel van dinge gevorm te word” deur toe te laat dat hierdie wêreld se filosofieë en waardesisteem jou denke beheers (Romeine 12:2). Maar hierdie wêreld dra nie jou belange op die hart nie. “Pas op”, waarsku die apostel Paulus dus, “miskien is daar iemand wat julle as sy prooi sal wegvoer deur die filosofie en leë bedrog volgens die oorlewering van mense” (Kolossense 2:8). Om op hierdie wyse in Satan se vorm gedruk te word, of om ‘as sy prooi weggevoer te word’, verg geen inspanning nie. Dit is soos passiewe rook. Jy kan aangetas word deur bloot die besoedelde lug in te asem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel