Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Waak teen ’n verraderlike hart
    God se woord vir ons deur Jeremia
    • 7 ’n Christen kan verkeerdelik dink dat sy hart hom nooit kan bedrieg nie, soos met baie in Jeremia se dag gebeur het. ’n Man kan byvoorbeeld redeneer: ‘Ek moet werk om my gesin te onderhou’, wat verstaanbaar is. Sê nou dit laat hom dink: ‘Ek het meer geleerdheid nodig om ’n ordentlike werk te kry of te behou’? Dit kan ook logies klink, wat hom tot die slotsom kan laat kom: ‘Tye het verander, en om vandag ’n bestaan te maak, het jy kollege- of universiteitsopleiding nodig om jou werk te behou.’ Hoe maklik kan ’n mens tog die wyse, gebalanseerde raad van die “getroue en verstandige slaaf”-klas oor bykomende opleiding begin geringag en van vergaderinge begin wegbly! In hierdie opsig is sommige geleidelik deur die wêreld se redenering en beskouings gevorm (Ef. 2:2, 3). Die Bybel waarsku ons gepas: “Moenie toelaat dat die wêreld om julle julle in sy vorm druk nie.”—Rom. 12:2, Phillips.a

      Pictures on page 46

      Het jou hart jou bedrieg sodat jy van vergaderinge wegbly?

  • Waak teen ’n verraderlike hart
    God se woord vir ons deur Jeremia
    • a Die NET Bible (2005) sê: “Moenie na hierdie teenswoordige wêreld gevorm word nie.” ’n Voetnoot voeg by: “Dit is baie insiggewend dat dit as ’n passiewe idee beskou word om na die teenswoordige wêreld ‘gevorm’ te word, want dit kan te kenne gee dat dit deels onbewustelik gebeur. Terselfdertyd . . . kan daar ’n mate van bewustheid wees van die vorming wat plaasvind. Dit is heel waarskynlik ’n kombinasie van die twee.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel