-
“Gloei van die gees”Die Wagtoring — 2009 | Oktober 15
-
-
9. Waarom vergelyk Paulus geesverwekte Christene met die lede van ’n liggaam?
9 Lees Romeine 12:4, 5, 9, 10. Paulus vergelyk gesalfde Christene met die lede van ’n liggaam wat in eenheid onder hulle Hoof, Christus, dien (Kol. 1:18). Hy herinner geesverwekte Christene daaraan dat ’n liggaam baie lede met verskillende funksies het en dat hulle, “hoewel baie, een liggaam in eenheid met Christus” is. Paulus het gesalfde Christene in Efese eweneens vermaan: “Laat ons . . . deur liefde in alles opgroei in hom wat die hoof is, Christus. Uit hom bevorder die hele liggaam die groei van die liggaam vir sy eie opbouing in liefde, deurdat dit harmonies saamgeheg is en tot samewerking gebring word deur middel van elke gewrig wat gee wat nodig is, volgens die werking van elke onderskeie lid in die regte mate.”—Ef. 4:15, 16.
-
-
“Gloei van die gees”Die Wagtoring — 2009 | Oktober 15
-
-
11. Waarop is ons eenheid gegrond, en watter ander raad het Paulus gegee?
11 Sulke eenheid is gegrond op liefde, die “volmaakte band van eenheid” (Kol. 3:14). In Romeine hoofstuk 12 beklemtoon Paulus hierdie feit en sê dat ons liefde “sonder huigelary” moet wees en dat ons “in broederliefde . . . tere geneentheid vir mekaar [moet] hê”. Dit lei tot wedersydse respek. Die apostel sê: “Neem die leiding in eerbetoning aan mekaar.” Ons moet liefde natuurlik nie met sentimentaliteit verwar nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om die gemeente rein te hou. Toe hy sy raad oor liefde gegee het, het Paulus bygevoeg: “Verafsku wat goddeloos is, hou vas aan wat goed is.”
-