Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Huil saam met mense wat huil”
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Julie
    • 14. Wat kan ons sê om bedroefdes te vertroos?

      14 Ons weet nie altyd wat om vir iemand te sê wat diep bedroef is nie. Maar die Bybel sê “die tong van die wyses is genesing” (Spr. 12:18). Die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf het baie vertroostende gedagtes wat ander kan aanmoedig.c Maar wat gewoonlik die meeste help, is om te “huil saam met mense wat huil” (Rom. 12:15). “Trane was die enigste taal wat my hart kon verstaan”, erken Gaby wie se man oorlede is. “Daarom vertroos dit my wanneer my vriende saam met my huil. Op daardie oomblik voel ek nie so alleen nie.”

  • “Huil saam met mense wat huil”
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2017 | Julie
    • 20. Waarom is Jehovah se beloftes ’n bron van vertroosting?

      20 Dit vertroos ons baie om te weet dat Jehovah, die God van alle vertroosting, al ons hartseer sal wegneem gedurende die opstanding, wanneer “almal wat in die gedenkgrafte is, [Jesus se] stem sal hoor en sal uitkom” (Joh. 5:28, 29). God belowe: “Hy sal die dood vir ewig verswelg, en die Soewereine Heer Jehovah sal beslis die trane van alle gesigte afvee” (Jes. 25:8). Dan sal ons nie meer “huil saam met mense wat huil” nie, maar ‘bly wees saam met mense wat bly is’.—Rom. 12:15.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel